Posted by: mykopop | Vrydag 21 September 2007

Catherine Jones – Goodnight

‘n Week gelede het ek vertel van die mooi huiskonsert wat ons bygewoon het, en waar ons toe bewus geword het van ‘n nuwe sterretjie wat in Suid-Afrika verskyn het: Catherine Jones.

Tydens die konsert het sy omtrent drie liedjies gesing waarvan twee in Afrikaans was en een in Engels. Sy is ook baie oulik met vertel tussen die liedjies, iets waarvan ek baie hou.

Sy vertel toe ‘n baie mooi storie, van hoe sy en Niekie van den Bergh saan ‘n bottel wyn gedrink het in een of ander kelder. Niekie het ‘n “Sê Wie” aangebied oor die goed wat mense in ‘n ou skoenboks bêre. Een dame het onder andere ingebel en gesê sy het ‘n swart Wilsontoffie uit toeka se dae wat sy bêre. Catherine het toe ‘n baie mooi liedjie daaroor geskryf. Ek was natuurlik onmiddelik gefasineerd, want ek word altyd gefassineer deur die storie agter ‘n liedjie.

Ek was ook so beïndruk met die Engelse liedjie The Artist wat sy ook daar gesing het, dat ek onmiddelik besluit het om haar CD te koop, al sien ek toe daar is net twee Afrikaanse liedjies op. Daar was toe ‘n bietjie van ‘n misverstand – een van die twee Afrikaanse liedjies se naam is Gister en ek het toe gedink dis die een oor die skoenbokse, maar dit was toe nie. Die liedjie is nog te nuut. Ek het toe vir Catherine self e-pos gestuur en sy was so vriendelik om te antwoord en hier kom die goeie nuus, ek haal aan:

My Afrikaanse CD word op 19 Februarie 2008 by UJ teater vrygestel. Dan kan jy na hartelus luister na die Wilson toffee song! Dit gaan ‘n spoggeleentheid wees met ‘n vol orkes bestaande uit die land se voorste musikante, komplimenterende beligting, Visuele materiaal op groot skerm, dansers en heelwat media lede gaan hierdie vrystelling bywoon. Julle is welkom! Die kaartjies sal nader aan die tyd by Computicket beskikbaar wees.


Ons gaan beslis probeer om kaartjies te kry, ek sal probeer uitvind wanneer kaartjies beskikbaar sal word en julle op hoogte hou.

Gaan lees gerus meer op haar webwerf. Kliek op Biog en lees haar biografie. Sy het ‘n graad in sielkunde en is ‘n klassiek opgeleide pianis. Tydens die konsert het sy ons ook vertel dat sy al vyf jaar getroud is – haar man werk op die oomblik in Irak en kom kuier elke vier maande vir haar.

Sy het al die liedjies self geskryf of saam met Johan Grobbelaar. Die liedjies is oorwegend liefdesliedjies, maar met ‘n ietsie meer. Op haar biografie word meer uitgewei oor die liedjies, o.a. word die laaste snit Malawiemeer daar as jazzerig beskryf. My gereelde lesers sal nou al weet ek is nie eintlik lief vir jazz nie, maar die liedjie het nie aanvanklik vir my so oorgekom nie, miskien omdat ek meer na die sang geluister het. Nou, met ‘n weer-luister, veral na die begeleiding kan ek dit bevestig, maar dit bly ‘n mooi liedjie.

Ek het die CD nou al ‘n paar keer heel deurgeluister en dis vir my alles baie mooi, my persoonlike gunstelinge is: Maybe a Full Moon, Goodnight, my love (titelsnit), The Artist en Gister.

Ek kan nie wag vir daardie konsert by UJ en die Afrikaanse CD nie!


Responses

  1. […] by ‘n huiskonsert waar verskeie jong kunstenaars opgetree het. Ons het toe haar debuut-CD Goodnight daar gekoop. Haar eerste CD was grotendeels in Engels, daar was net twee Afrikaanse liedjies op. […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: