Posted by: mykopop | Maandag 17 September 2007

Lize Beekman kom self 7de Laan toe


Ek het nou al, heel toevallig eintlik, ‘n paar inskrywings gemaak wat iets met Lize Beekman te doen gehad het, en meer spesifiek Lize Beekman en die gedig Rooiborsduif van Breyten Breytenbach wat sy getoonset het, en wat ook in 7de Laan gebruik is. O.a. het ek geskryf oor haar twee CD’s “Cake” en “Iemand Het Gesê” wat ek gekoop het, maar die stukkie wat ek geskryf het oor Rooiborsduif bly volgens my statistieke die gewildste van alle plasings op my blog tot dusver.

In 7de Laan gaan Lize in “Die Klub” optree met liedjies van haar album Lullabies, om fondse vir die Rooikruiskinderhospitaal in te samel. Jy kan na uittreksels uit die album luister hier. Of gaan skenk geld vir die Kinderhospitaal. Of gaan kyk by Kruidjie-Roer-My-Nie waar oral jy geld vir kinderswelsyn kan skenk – sy het ‘n skakel heel bo-aan: Kinders-Help.

Moet egter nie vergeet van die CD “Om Te Breyten” nie – daarop het van ons ander kunstenaars toonsettings van Breytenbach se gedigte gemaak wat (amper?) net so mooi is.

Hier is nog ‘n paar foto’s – jammer hulle wys nooit Lize se gesig mooi saam met die gereelde spelers nie, dis of hulle, of sy, of hulle en Lize se agterkop.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: