Posted by: mykopop | Vrydag 14 September 2007

Huiskonsert

Ons was gisteraand by ‘n heerlike konsert. Ek is regtig jammer dat ek dit nie vooraf ook hier geadverteer het net vir ingeval hier dalk iemand gelees het wat naby genoeg woon. Maar met die rugby het ek gedink die kanse is maar skraal. Ons het toe darem net die eerste 20 minute gemis.

Die e-pos wat ons gekry het, het ook maar net gesê Douwe Bijkersma tree op saam met ander jong kunstenaars. Nou ons ken Douwe al van Januarie 1997 af toe hy saam met ons seun hulle hoërskoolloopbaan by Hoêrskool Florida begin het. Douwe het tydends die groentjiekonsert ‘n opera-nommer gelewer, as ek reg onthou was dit La Donna e Mobile – dit het hom vir ‘n rukkie lank die bynaam “Pavarotti” besorg.

Douwe is ‘n bariton en het gedurende sy skoolloopbaan in die skoolkoor gesing en ook dikwels saam met die koor as solis opgetree. Gedurende hulle studentetyd aan RAU het ons Douwe verskeie kere in musicals sien optree.

Ons was egter verbaas om te sien dat van die jong kunstenaars wat ook opgetree het, mense is wat al hulle eie CD’s uitgereik het. Een wat ek moet uitsonder is Catherine Jones, ek weet nie hoe dit gebeur het dat ons nog nie van haar geweet het nie. Ons het op slag haar CD gekoop, ek sal bietjie meer vertel sodra ek dit ‘n keer of wat deurgeluister het.

Dit was ‘n heel aangename konsert. Die konsert is aangebied ten bate van die Claremont Ontwikkelingsprojek en die Ons Huis tehuis vir bejaardes in Florida en georganiseer deur die Quellerina ATKV-tak.

Cobus Bester van RSG was die seremoniemeester. Douwe en Linda van Coppenhagen het gewilde operanommers gesing asook nommers bv. uit The Phantom Of The Opera. Hulle laaste nommertjie was Libiamo waaroor ek laasweek ook gepraat het. Ai Douwe, julle kon dit gerus aan die ou grote opgedra het!

Ansua Steyn en Catherine Jones het van hulle eie liedjies gesing. Hou hierdie twee dop, of koop hulle CD’s. Mareli Mouton (ook voorheen van Hoërskoo Florida) het ‘n Beethoven-sonata gelewer en ook later ‘n liedjie van haar eie gesing, tydens die laaste nommer het sy ook viool gespeel. Die enigste ding van die hele konsert wat bietjie gepla het, was dat die klavier so geplaas was dat mens nie die pianis kon sien speel nie. Die orkes van die kerk (NG Quellerina), Becare, het ook opgetree en al die sangers begelei op ‘n laaste nommer, ‘n keurspel van gewilde Afrikaansie liedjies soos Sprokie vir ‘n Stadskind, Blou, Skipskop en nog meer wat ek nie kan onthou nie.

Ek plaas die program van die konsert hier, kliek maar op elke bladsy om beter te kan sien. Jammer, ek moes ook ‘n kamera saamgeneem het.




Responses

  1. […] het haar toevallig in 2007 ontdek by ‘n huiskonsert waar verskeie jong kunstenaars opgetree het. Ons het toe haar debuut-CD Goodnight daar gekoop. Haar […]

  2. […] by hulle. Deur die jare het ons ook talle konserte bygewoon waarin Douwe opgetree het, soos die Huiskonsert waaroor ek laasjaar September geskryf het. Ons het sy ouers nie so goed geken nie, maar omdat hulle […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: