Posted by: mykopop | Donderdag 13 September 2007

Toupé or not Toupé?


Op die aand van Pavarotti se dood het ons geliefde ou nuusleser se haardos vir ons bietjie anders gelyk, en ek het gou die DVD-opnemer gaan aansit om ‘n skoot daarvan te kry. As dit nie daarvoor was nie, sou ek heel waarskynlik nie die foto’s van Pavarotti gekry het nie.

Ek plaas hierdie foto glad nie om Riaan Cruywagen te beledig of te affronteer nie, dis sy goeie reg om ‘n haarstuk te dra, veral in sy posisie. Ek wil dit net gebruik om die vraag te stel: Is dit reg vir ‘n man om sy bles of sy grys hare weg te steek? Ek persoonlik sal nie, maar tog, soos ek gesê het, het ek niks daarteen dat Riaan dit doen nie. Dis heelwaarskynlik vir ons baie aangenamer om in hom vas te kyk met sy haarstuk as met ‘n bles. Ek hoor graag ander opinies.

Ek het baie respek vir Riaan, na al die jare bly hy maar ons almal se gunsteling nuusleser.

  • Riaan is ook bekend as Haas Das
  • Ek het gehoor hy is ‘n goeie orrelis
  • Hy is op WikiPedia
  • Hy is in Oktober 1945 gebore en is dus amper 62. Koester die rukkie wat hy nog die nuus gaan lees – daar sal nooit weer so ‘n Afrikaanse nuusleser wees nie!

Responses

  1. Riaan is cool.

    Oor die algemeen dink ek nie mans hoef hulle bles weg te steek nie.

  2. Ek hou van Riaan…met sy donkerhare…ek kan hom nie met grys hare sien nie…ook nie met ‘n bles nie!! Hy IS cool….:)) en oor die algemeen, ek het niks daarteen as mans dit doen nie, as vrouens wil/kan, waarom nie hulle ook nie…:)

  3. Ons is so gewoond aan Riaan met sy toupé dat ek my hom nie kan voorstel daar sonder nie. My pa was bles en my man is bles so dis nie vir my snaaks nie. Maar nee, dit lyk nie goed as ‘n man ‘n toupé dra nie en dit lyk ook nie vir my goed as ‘n man sy hare pikswart kleur nie. Dit lyk egter vir my nie sleg as jongerige mans met ligte hare vir hulle ligstrepies insit nie want dis nie so opvallend nie en “enhance” nogal hulle “looks”.

  4. Haha. Ek lag nou nog daarvoor. Maar ek het gesien sy hare het die res van die week steeds so gelyk. Dis seker maar ‘n nuwe pryk wat nie so lekker werk nie.

  5. Ek het geen probleem as ‘n man iets aan sy ‘probleem’ doen nie. Hoekom mag vrouens, maar mans mag nie?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: