Posted by: mykopop | Dinsdag 11 September 2007

My 9/11 Paspoort


Op 9 September 2001 is ek vroeg huis toe om te stort en alles bymekaar te kry vir my vlug die aand. In daardie stadium het ons die Euronews kanaal op die Vivid dekodeerder gehad. Die TV in die slaapkamer was aan op Euronews, want dit was ‘n uitstekende nuuskanaal en ek het dit altyd op daardie kanaal gehou as ons nie iets anders kyk nie.

Toe ek uit die stort kom, sê die kinders vir my ‘n vliegtuig het in een van die Twin-towers vasgevlieg. Terwyl ons in die slaapkamer was het die nuus van die tweede een deurgekom en beeldmateriaal het ook begin oorkom.

Die hele lugredery-industrie was in rep en roer, sekuriteit is oral onmiddelik opgeskerp. Ek dink baie mense het vlugte gekanselleer uit vrees. Ek was nie toegelaat om te kanselleer nie. Ek was so bevoorreg om die IBC uitstalling en konferensie in Amsterdam te gaan bywoon. Baie Amerikaners, o.a. aanbieders kon nie kom nie. Ek het ook weer in September 2002 gegaan. Vanjaar het IBC reeds laas week geopen, dus ek dink dis nou al weer verby – ek glo dis om die 11 September-herdenking te vermy. As jy kliek op die foto bo, sal jy die stempels van 11 September 2001 en 10 September 2002 sien.

Toe ek Nana Mouskouri se album (viniel) “Passport” gekoop het, was ek nog nooit uit Suid-Afrika nie en het gewens ek kan ook eendag ‘n paspoort met so baie stempels hê. Hier is foto’s van die voor en agterkant van die plaat se omslag. Dit het R6.99 gekos, ek weet nie wanneer nie.


Hier is die lys van snitte op die plaat:

Kant 1
1. The white rose Of Athens
2. I have a dream
3. Day is done
4. Never on a Sunday
5. My friend the sea
6 Plaisir D’Amour
7. The loving song
8. Try to remember
9. Turn on the sun
10 Odos oniron
11. Milisse mou

Kant 2
1. Enas mythos
2. Bridge over troubled water
3. And I love you so
4. If you love me
5. Seasons in the sun
6. The last rose of summer
7. Over & over
8. Four and twenty hours
9. Cu-cu-ru-cu-cu Paloma
10 Amazing Grace

Van die 21 snitte is daar darem so 17 waarvan ek seker is van die wysie. “I have a dream” bv. is nie die Abba-liedjie nie. Sedertdien het ek darem die plaat vervang met ‘n CD, “The Very Best Of Nana Mouskouri” (MMTCD 1555) met presies dieselfde 21 snitte op.

Intussen gaan my paspoort in Oktober verval, ek het darem aansoek gedoen vir ‘n nuwe – net vir ingeval, maar ek is op die oomblik nie een van die uitverkorenes wat oorsee gestuur word nie. Maar mens kan darem nog droom saam met Koos Doep, van “Java en Malta, Beiroet en Bombaai…”


Responses

  1. Nana se plaat is cool! Ek het die CD met al die stempels op. Die CD word ook Passport genoem.

  2. Ek is gek oor reis. Al is dit net vir besigheid. Ek probeer myself altyd herinner om dit eg te waardeer.

  3. Ek herken ‘n hele paar bekende en baie mooi liedjies op die omslag. Dit lyk vir my na ‘n CD wat ek dalk moet aanskaf. Wat reis aanbetref… ek’s net so mal daaroor en dis nou amper ‘n jaar gelede wat ons in Nederland was. Ons het naby die Lelylaanstasie in Amsterdam by ‘n B&B tuisgegaan.

  4. Jy het my nou so pas herinner dat ek nog weer van haar musiek wil koop! My goed is weggepak in SA en ek het onlangs gedink ek moet tog weer van haar musiek kry! Dankie!

  5. Ek is mal oor Nana se musiek. Wat reis betref, het nog nooit die voorreg gehad nie. Beplan wel ‘n trippie saam met die liefie Griekeland toe vir ‘n vriendin se troue einde 2008. Kan nie wag nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: