Posted by: mykopop | Sondag 9 September 2007

Bome, byle en Oupa Krisjan se skafie

Ek maak so nou ‘n dan ‘n draai by http://www.gutenberg.org om te soek vir interessante gratis e-boeke. Vandag het ek op hierdie een afgekom:

Handwork in Wood by William Noyes

Die boek is gedateer in 1910. Ek dink selfs mense wat nie in houtwerk belang stel nie, behoort net so gefassineer te wees, veral deur die foto’s in die eerste twee hoofstukke, logging en sawmilling. Die res van die boek bevat bv. inligting oor verskillende lasse wat vandag nog van waarde kan wees.

‘n Vyf-en-twintig-voet saag wat gebruik is om groot stompe deur te saag.
Hier die foto (Glens Falls, New York) wys net weer die mensdom se houthonger.

Sien ook my twee inskrywings: ‘n Groot boom val neer (1) en (2) en ook ‘n Toorvrou se Toorboek.

Gereedskap gebruik vir logging.


‘n Dubbele sirkelsaag. Ek het nog nooit van so iets gehoor of dit gesien nie. Ek wou graag meer inligting hieroor hê, en het met google gesoek, maar kon tot dusver niks kry nie.

My oupa aan moederskant is in 1900 gebore en is in 1981 oorlede. Hy was ‘n man wat saam met sy boerdery baie houtwerk en bouwerk gedoen het. Na sy dood is die meeste van sy goedjies uitgedeel, maar daar was nog ‘n paar goedjies oor wat ons so ‘n jaar terug gedeel het. Ek het toe ‘n sinktrommel met ‘n paar gereedskappies in gekry. Toe sy goed aanvanklik gedeel is, was daar ook skawe wat hy self uit hout gemaak het. Ek kry toe in die trommel ‘n skafie wat ook van hout gemaak is wat ek kon sien gebruik is om ‘n mooi randjie aan hout te maak, soos ons vandag ‘n router sal gebruik. Ek het onmiddelik aangeneem dat hy dit self gemaak het, alhoewel die onderste rand te moelik lyk het ek gedink hy het dit moontlik geïmproviseer uit ‘n stuk hout wat reeds ‘n randjie aangehad het. Nadat ek dieselfde skafie in die boek gesien het, besef ek ek was verkeerd.

Uit die boek, links ‘n Rabbet-plane en regs die Molding-Plane.

Ek het ook so ‘n treksaag gekry van Oupa, hy’s darem nie so lank as die een in die heel boonste foto nie.

Soos ek reeds gesê het, Oupa Chrisjan is in 1900 gebore. Hy was dus 10 toe die boek geskryf is of verskyn het. Ek weet nie van enige houtwerkboeke wat hy ooit besit het nie, maar ek wonder tog wat is die kans dat hy dalk (miskien by ‘n onderwyser) ‘n eksemplaar van die boek onder oë gehad het.


Responses

  1. Goeie genugtig! Dis ‘n moerse boom op daardie eerste foto.

  2. hi! interessant..het jy BiB se http adres vir my…hy het ‘n kommentaar gelos, maar ek kan hom nie kry nie…sy profiel is nie beskikbaar nie…sal bly wees…dankie!!

  3. jammer…link gekry op jou site na syne! Dankie!

  4. Mensig maar dis ‘n vreeslike lot boomstompe op foto 2!! Dink net hoe baie meubels mens daaruit sal kan maak!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: