Posted by: mykopop | Saterdag 8 September 2007

Die ander jazz waarvan ek hou

Omtrent ‘n maand en ‘n half gelede het ek ‘n stukkie geskryf oor die fliek The Jazz Singer met Neil Diamond en Laurence Olivier, met die titel Die Jazz Waarvan Ek Hou. Ek het ook aan die einde gesê daar is nog ander jazz waarvan ek hou. Intussen het Kaalvoetkind my voorgespring met die video van What A Wonderful World, die liedjie wat ek eintlik in gedagte gehad het. As jy klaar tot onder gelees het, gaan maak by haar ook ‘n draai.

Intussen het ek weer ‘n bietjie gedink oor Louis Armstrong en besef daar is ‘n ander liedjie wat hy ook gesing het waarvan ek hou:

Hello Dolly

Die video is in 1967 gemaak, ek kan amper nie glo dat hulle toe nog nie beter tegnologie gehad het om dit te maak nie. In die weergawe wat ek al dikwels oor die radio gehoor het, sing hy “Hello Dolly, this is Louis, Dolly”. Ek is mal daaroor as hy die Louis uitspreek soos “loeis” met met die duidelike ‘s’. Ek dink hierdie is ‘n ander weergawe. Dis goed dat die video in swart en wit is, want dit sluit aan daarby dat kultuur en kuns nie gebonde is aan grense van swart en wit nie.

Louis Armstrong is gebore in 1901 en oorlede in 1971. Hy het die trompet gespeel, nie die saksofoon wat meer met jazz geassosieer word nie. In die video kan jy sien hoe hy laat waai met die trompet. Ek moet erken ek het nie ‘n plaat, CD of DVD van Louis Armstrong in my versameling nie, ek dink dis tyd dat ek ‘n plan maak, want ek dink daar kan nog baie mooi liedjies wees wat hy gesing het, ek dink byvoorbeeld aan Blueberry Hill.


Responses

  1. Jazz werk nie vir my nie. Ek verstaan mense luister dit, en het respek vir dit, maar ‘n nee nee vir my hoor. Die blok wat jou kop op is, het jy al met so ‘n blok gespeel? Of speel jy nie met blokkies nie?

    Met wat speel jy dan?

  2. Basil ek weet presies hoe jy voel oor jazz, want dis hoe ek ook oor die algemeen daaroor voel – dit werk nie vir my nie.

    Maar dis juis die punt wat ek probeer maak het met die titel “Die Jazz Waarvan Ek Hou” – hulle het die titel van die ou fliek “The Jazz Singer” gehou, maar die musiek was nie jazz nie, maar tipiese Neil Diamond. Alhoewel, ek dink daar is tog ‘n verband tussen Jazz en Tin Pan Alley, wat meer is waar ek dink Neil Diamond se wortels lê.

    Die drie liedjies van Louis Armstrong wat ek hier noem, lê vir my maar meer na gewone populêre musiek se kant toe en ek is mal daaroor. Baie dankie vir jou kommentaar.

  3. Basil, jammer ek was gisteraand al bietjie vaak en het nie jou laaste vraag beantwoord nie. Ek het wel met Rubik se kubus gespeel toe dit uitgekom het, ek dink dit was in die middeltagtigerjare rond. As hy goed deurmekaar gemaak was, kon ek hom weer regmaak in ietsie oor ‘n minuut. Ai, die lewe was darem baie minder gekompliseerd toe. Ek wil graag weer leer hoe, op die oomblik kan ek dit eenvoudig nie meer doen nie. As ek dit weer kan regkry, sal ek miskien eendag ‘n plasing of meer wy aan Rubik se kubis.

    Waarmee speel ek dan? My rekenaars, my gereedskap, my kitaar en meestal my CD-speler of radio!

    Wat ek ook nog wou byvoeg oor die jazz – ek hou nie daarvan nie, maar respekteer ook jazz kunstenaars want ek dink hulle vaardigheid is uitstekend, en wat die bewonderaars aanbetref – gun elke ou sy plesiertjie.

  4. Ek is ook nie ‘n groot jazz aanhanger nie, maar ja, daar is ‘n paar mooi nommertjies en ek luister graag daarna. Dankie vir die link na my blog Chris!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: