Posted by: mykopop | Maandag 3 September 2007

Ek pas jou kar op

Ek hou die skelms dop…
Ek het toe mos daardie mp3-spelertjie vir my kar gekry. Ek het eintlik besluit ek gaan hom uittoets vir ‘n dag of twee werk toe en terug, dan hou ek hom in die huis, want hy’s bedoel vir langpad of miskien naweke. Ek moet bietjie radio luister ook. Ek kry dit nie reg nie. Ek het hom gebêre vir een dag en nou’s hy al weer ‘n week of so permanent in die kar. Vrydag op pad werk toe, kom hierdie liedjie op: Carwatch Camels van dDisselblom. Ek besluit toe hieroor kan ietsie skryf en soek op Google of ek die liriek kan kry: jou wrintie, hy is op YouTube!

Nogal ‘n sakie wat mens met ‘n bietjie vertwyfeling kan laat. Ek hou persoonlik glad nie daarvan dat daar motorwagte by winkelsentrums se parkeerterreine moet wees nie. Ek wil self ‘n parkeerplek soek, want dit irriteer my as hulle vir my ‘n parkeerplek wys wat ek self klaar gesien het, maar as daar nie een is nie dan wys hulle my niks. Ek wil uitklim sonder om te onderhandel of ek my motor wil opgepas het al dan nie, terugkom en self my goed uit my trollie in die motor laai, sonder dat dit amper uit my hande gegryp word. Ek sal self kyk of daar ander motors aankom as ek wil uit die parkeerplek trek. Verder is ek bereid om te vertrou op die alarm en immobiliseerder. Wat my aanbetref sal dit genoeg wees as die sentrumbestuur ‘n baie kleiner getal sekuriteitswagte by ‘n parkeerterrein het – betaal deur die sentrum, soos die sekuriteitswagte binne-in. Ek gee wel ‘n fooitjie vir motorwagte in die aand as mens vir lank daar is en bv. uiteet of fliek. Een omstandigheid waaronder ek beslis niks gee nie is as ek iets gaan soek by ‘n winkelsentrum en niemand in daardie sentrum kan my help nie. (Ek beskou dit as ‘n tipe van oorhoofse koste op aankope of vermaak – enige persentasie van nul is nul. In so ‘n geval was dit darem gewoonlik ook ‘n kort parkering.)

Jy stap elke dag by my verby met jou pakkies goed wat jou bevry
Afgeroomde melk en lae vet yogurt en jou Woolworths styl en
Twee duisend rand se goed en net twee daarvan kom vir my want,

Ek pas jou kar op
Ek hou die skelms dop
ek vra nie veel nie
net fags in my pakkie
en rook in my long
ek rook my Carwatch-Camels en voel I belong

http://www.ddisselblom.com

en maak mens heel deurmekaar. Jy betaal mos 40% plus van jou salaris aan inkomstebelasting, 14% BTW op alles wat jy koop en nog ‘n swetterjoel ander heffings ens. waarvan ‘n groot dee hopelik vir welsyn behoort te gaan. Jy gee ‘n bydrae vir die kerk en ander welsynsorganisasies. Maar is dit genoeg?

Naskrif: Ek wonder hoekom rook hulle altyd?


Responses

  1. Die liedjie het my nou heel hartseer gemaak, maar persoonlik kan ek dit ook nie hanteer as hulle my so bestorm wanneer jy parkering soek nie. Ek’s nie blind nie en het ‘n lisensie so kan parkeer.

  2. […] Karwagte Ja, ek het ook simpatie met die ouens, maar regtig, as ek net vir 5 minute by ‘n winkel ingaan wil ek nie my kar opgepas hê nie. […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: