Posted by: mykopop | Donderdag 30 Augustus 2007

Zebravink

‘n Oulike klein voëltjie, nê, Oom Fanus?

… ‘n klein klein voëltjie, tjie-tjie, tjie-tjie…” (Breyten Breytenbach)

Prentjie vanaf http://www.dierinbeeld.nl


Responses

  1. Inderdaad ‘n ou klein voëltjietjie! Ek het reeds vroeër in die week vir my die “Voëlgids van Suider-Afrika” bestel.

  2. pragtig, ek was juis oppad om ‘n mooi klein voeltjie (as ek Alt137 druk, kry ek die boodskap dat ek wil “web beweeg van die site!”…dus…verskoon die deelteken wat nie daar is nie…) die Robin op my site te plaas, oral in die tuine hier in Engeland..laat my dink aan ‘n suisie in SA…

  3. ek wil tog ‘n saak uitmaak dat ons nie meer die “tjie” hoef te gebruik nie, ons sê dan foneties “kie”. Waaaaarom mag ons nie maar dit in die spelvorm ook doen nie. Dan kan dit maar net voëlkie wees, dit tik ook soveel makliker, en ons sê mos darem al “my” en nie meer “mijn” soos in ouer dae nie?
    Wat dink jy Chris?

  4. Annelie ek sal nou nie radikaal van jou verskil nie, maar ek voel tog daar is ‘n subtiele verskil tussen die uitspraak van kie en tjie, of dit mag ook streeksgebonde wees en die verskil kan van subtiel tot prominent wees.

    Net so met die woordjie ” ‘n “, ek sien in Komrij se boek Gert Vlok Nel skryf bv. “daar was i bom in die winkel”, en ek wonder of hy dit liewer soos die engelse “a” uitgespreek wil hê? Ek het weer geleer om dit as “hi”, met die i soos in “vis” uit te spreek: hi hond, hi mens – dis nou voor hulle my in die skool van letterkies geleer het. Mens sou dit ook “he” kon spel soos die woord “se”. Is daar mense wat dit in die praktyk uitspreek as “hin”, soos hulle ons in die skool wou wys maak.

    Interessant dat ek nou die antwoord begin skryf het terwyl ek so stukkie-stukkie luister van Die Tale Wat Ons Praat, terwyl ek met die braaivuur doenig is!

    Maar die eintlike koement wat ek by hierdie possie wou gehad het, het toe doen met die vorige een oor Oom Fanuz, of ek die Oom se gedagtegang reg gevolg het!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: