Posted by: mykopop | Sondag 26 Augustus 2007

SPREEKWOORDE

en waar hulle vandaan kom
Anton F. PRINSLOO
(Pharos Woordeboeke)
Pharos-aanlyn

Die RSG-luisteraars onder julle sal Dr. Anton onthou as gewese omroeper by RSG, ek dink hy het Die Tale Wat Ons Praat aangebied voor Daniel Hugo.

Daar is ‘n hoofstuk oor elke letter van die alfabet, die spreekwoorde is geplaas volgens trefwoord. (Behalwe daar is nie ‘n hoofstuk vir Z nie, daarom sal ek binne ‘n dag of so vir julle ‘n z-dingetjie plaas.)


Hier is ‘n voorbeeld:


Die ‘verklaringsblokkie’ wat onder ‘bende’ voorkom, kom net by so een of twee spreekwoorde per blad voor.

Dit sou natuurlik nie moontlik wees om hierdie spreekwoord onder ‘eersgeboortereg’ sowel as onder ‘lensiesop’ te plaas nie, selfs ‘lensiesop, sien eersgeboortereg’ sou die boek so dik soos ‘n volle woordeboek gemaak het.

Daar is darem agterin ‘n Afrikaanse Indeks en ‘n Engelse Index, maar ongelukkig, in die spesifieke geval kry ek nie ‘lensiesop’ daar nie.

Nou ja, niks is seker perfek nie, tog is ek nie spyt dat ek die boek aangeskaf het nie. Dis nou nie die tipe boek wat mens van voor tot agter sal deurlees nie, maar ek sal darem nou en dan in hom sit en blaai. Dis ook handig dat Engelse ekwivalente vir die spreekwoorde gegee word.

Ek dink ook dit behoort ‘n goeie naslaanwerk te wees vir mense wat nog skoolkinders of studente in die huis het.


Responses

  1. Nice. Ek is mal oor sulke boeke.

  2. Ek het nog nie die boek nie maar ek wil dit so spoedig moontlik aanskaf. Dis ‘n moet!!

  3. Ek hou ook van sulke boeke. Hierdie een lyk baie oulik!

  4. Definitief ‘n boek wat ek ook wil he!

  5. Ek het laasjaar die boek gekoop – dit toegedraai, my eie naam daarop geskryf en onder die kersboom gesit. Dit was een van my lekkerste kerspersente šŸ˜‰

  6. Ek het laasjaar die boek gekoop – dit toegedraai, my eie naam daarop geskryf en onder die kersboom gesit. Dit was een van my lekkerste kerspersente šŸ˜‰

  7. […] maar jy moet onthou dis ‘n naslaanwerk wat daar langs jou HAT, jou Tweetalige Woordeboek en Spreekwoorde gaan staan. So ‘n boek vat ook meer tyd en moeite om te skryf as ‘n roman, en boonop […]

  8. […] 26, 2008 Ek het amper 11 maande gelede ‘n inskrywing gemaak oor die boek, SPREEKWOORDE, en waar hulle vandaan kom. Nou kom ek agter dat heelwat mense deur soekenjins by my blog uitkom as hulle inligting soek oor […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieƫ

%d bloggers like this: