Posted by: mykopop | Donderdag 23 Augustus 2007

Rooiborsduif (2)

[Lees ook die eerste aflewering: Rooiborsduif]

Baie dankie aan almal wat saamgesels het oor die gedig. Ek wil twee kommentare uitsonder. Een van lamok in Nederlands. Met my google-soektogte vir my eerste plasing het ek ook die gedig op sy blog gekry en ‘n kommentaar gaan uitlok. Lamok reken dat BB nie na onbeantwoorde liefde verwys het soos ek dit uitgemaak het nie, maar eerder na ‘n onmoontlike liefde. Met verwysing na die destydse apartheidsbestel is dit ‘n moontlikheid.

Die ander een wat ek wil noem is die van stroibessie, Sy het begin om ‘n kommentaar te skryf en toe besef dit gaan te lank word en op haar eie blog verder geskryf: sommer los gedagtes oor soos met vlerke. Mens kan duidelik sien dat sy moontlik opleiding in hierdie rigting het, en dalk nie ‘n amateur soos ek is nie. Gaan lees gerus haar siening, en ook dignet se kommentare by myself en by stroibessie.

Nog ‘n interessante brokkie oor rooiborsduiwe wat ek opgetel het:

Jy mag altesaam 40 duiwe per dag van die vier soorte, insluitende die rooiborsduif, as jagbuit neem.

want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie?

Nog ‘n gedagte wat by my opgekom het. Is jagters = apartheidspolisie?

Ten spyte van stroibessie se waarskuwings, wil ek tog nog ‘n interpretasie waag. Mens kan mos bv. met iemand afspreek oor ‘n sekere ster wat sigbaar is vanaf verskeie punte op die aardbol, en as julle albei gelyktydig na “julle” ster kyk, dink julle aanmekaar. Kan dit wees dat Breyten so die son gebruik om sy boodskap te stuur oor oseane (waar hy vlieg daar skitter oseane). En die son “skryf” dan die boodskap op die geliefde se vel, (hy kleur my boodskap so bruin oor jou vel).

 

Ek dink stroibessie is baie reg oor hoe mens die gedig moet lees. As BB ooit hier lees, sal die ou bogger seker net in sy baard sit en lag vir ons.

 

 

 

 

 

 

Eintlik het ek glad nie beplan om ‘n opvolg op my eerste plasing te maak nie. Die eintlike rede is ‘n dokument geskryf deur ‘n teoloog, waarna ek julle wil verwys: Maar my voete wil nou sing, deur CJA Vos, Universiteit van Pretoria. Die dokument het ‘n Engelse Abstract, waarvolgens die skrywer Bybelse erotika onder die loep neem deur die oë van die digkuns aan die een kant, en kontemporêre Afrikaanse digkuns aan die ander kant. Hy verwys o.a. na die verhaal van Boas en Rut, asook Hooglied. Dis ‘n mooi netjiese PDF dokument, ek wil net die volgende stukkie aanhaal:

 

Maar my voete wil nou sing, daarom skryf ‘n e-pos gedig vir jou.
Allerliefste, ek stuur vir jou ’n e-pos duif
want niemand sal ’n skouduif se penveer pluk nie.
My vingers swiep windvlerke oor die sleutelbord,
kleur die rekenaar se toetse met liefderyke
woorde wat op my wit skerm hoog en laag vlieg.

 


Responses

  1. hey, thanx vir die kommentaar op my blog, die gedigte gogga het my onlangs gebyt, en nou het ek begin maar o wee nou kan ek nie ophou nie!! hehehe dis ‘n siekte

  2. […] voete wil nou sing) van hom wat op die internet beskikbaar is, sien asseblief my opvolginskrywing, Rooiborsduif (2). In die boek is daar ‘n nuwe variant, Allerliefste, op bl. […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: