Saterdag het ons toe die derde stam van die boom ook afgesaag. Aangesien my ou kameratjie nie ‘n panorama kan neem nie, het ek so vier foto’s aanmekaar gelas van die stompe en takke wat nou my agterplaas vol lê. Dis nou nadat ons vyf vragte dun takke met blare weggery het met die 3-meter sleepwa.
Met my vorige plasing het ek mos van die woorde van Sy’s Al Wat Ons Het soos gesing deur Laurika. Partykeer sit ‘n ding mos net in mens se kop as ‘n gevoel wat nie as woorde tevoorskyn kom nie. Daar is nog ‘n liedjie op dieselfde CD, Die Gang, wat eintlik nog beter hierby aansluit, ek het net nie by sy woorde uitgekom laas keer nie. Hier is ‘n stukkie daarvan:
glo ons dis nie waar
en met al ons foute kan die natuur homself bewaar
ons kan elke ramp oorleef ons denke maak ons vry
eendag sal ons iewers
weer ‘n nuwe aarde kry
sit maar die vullis uit, die lorries neem dit weg
sproei kieme dood suiwer die lug
kap uit die bome wat jou uitsig so bederf
jy is mos baas op hierdie erf
Hier is ‘n videotjie waar ek die laaste stuk met groen takke en blare met ‘n handsagie afsaag (die video’s is almal baie kort en behoort vinnig te laai):
En hier saag ek ‘n laaste baie dik tak af met die kettingsaag. Hy het ons taamlik hoofbrekens besorg omdat hy half oor die telefoondraad gehang het. Ons het die telefoonkabel met ‘n tou agtertoe vasgemaak, daarna het ek hom eers van voor uitgekeep en met die voertuig en staalkabel vorentoe getrek. Daarna het ek hom van agter met die petrolsaag afgesaag.
Ongelukkig het my vidoegraaf toe die val gemis! Ek kon nie mooi uit die voertuig sien nie. Toe hy kraak klim ek eers uit en kyk – en trek hom met die hand om.
Die plan is om die klomp hout op ‘n manier vir verwarming te gebruik om op fosielbrandstof te spaar. Dus moet dit nou nog net opgesaag word, die stomp moet laag op die grond afgesaag word, en ons moet probeer om dit weer soos ‘n tuin te laat lyk. Minder opwindend…
Laat dit nie gese^ word Blok sit heel dag voor die rekenaar nie!
By: Roer on Dinsdag 21 Augustus 2007
at 17:30