Posted by: mykopop | Saterdag 18 Augustus 2007

So moet ‘n violiste mos lyk!

Patricia Kopatchinskaja

Ek het die eerste keer van haar gelees op http://www.classiccat.net/, ‘n webwerf waar jy kan soek vir gratis mp3’s van klassieke werke. Mens kry nou nie alles nie, maar darem die mees bekende werke, of partykeer ‘n sekere bewegings.

Die mp3’s is gewoonlik nie op classiccat self nie, jy kry ‘n skakel na die kunstenaar se werbwerf, dis hoe ek op Patricia se webwerf afgekom het.

Sy is gebore in Moldova, die wynproduserende land tussen Roemenië en die Oekraïne. Haar ouers is albei musici.

Sy het in 2002 die Credit Suisse Group Young Artist Award gewen. In 2004 het sy die New Talent – SPP Award” van die European Broadcasting Union (EBU) gewen.

Ek is nou nie ‘n kenner om te praat oor haar styl en vaardigheid nie, ek het haar ook nog te min hoor speel, maar wat ek kan aflei is dat sy nie klassieke werke sommer net uitvoer soos dit vir jare al slaafs gedoen word nie, sy is bietjie onkonvensioneel en het haar eie idees.

Op haar webwerf kan jy kliek op Images om foto’s van haar met ‘n baie hoë resolusie af te laai. Ongelukkig is die een heelbo, geneem deur Pia Zanetti, nie meer daar nie. Dit is ook net ‘n deel van die hele foto, wat so lyk:

Hier is nog ‘n mooie:


Op haar webwerf kan jy ook kliek op Sounds om van haar musiek af te laat. Behalwe vir viool, kan sy darem ook klavier speel. Hier is ‘n mp3 waar sy Henri Sigfridsson (bariton) op die klavier begelei terwyl hy An Die Muzik van Frans Schubert sing. Dis ‘n baie mooi lied om te hê, waaroor ek nog weer in die toekoms sal gesels.

Hier is ‘n YouTube Video waar sy deelneem aan ‘n uitvoering van Heinrich Ignaz F. Biber se Sonata Representativa Animal Voices, saam met ‘n vroueorkes. (Moet maar nie te veel skrik as sy soos ‘n wildehoender of ‘n ding maak aan die begin nie, wag tot sy die viool begin speel.)

Helaas, sy is nou nie meer so jonk as op van die foto’s nie, sy is getroud en het ‘n dogtertjie. Hier is ‘n skakel na ‘n onderhoud met haar.

Moet ons haar nie bietjie Suid-Afrika toe nooi nie?


Responses

  1. En ek het gedink vioolspel is nie sexy nie…

  2. Ek dink ons moet haar bietjie nooi om hier te kom optree!! Dankie vir die link vir die klassieke musiek.

  3. Nooi jy. Ons sal gaan kyk. Reel dit tog net vir die Kaap! Kom Blok, jy moet maar af vlieg. Ek en Kaalvoetkind is innie Kaap. Twee teen 1. Arme Boer…

  4. Roer, die Roodepoort Stadsteater, tuiste van die Pro Musica orkes is binne ‘n kilometer van my huis af, so jy’t nie ‘n kans nie. (Julle’t reeds die berg end die see.) Ek dink ook jy maak ‘n foutjie met Kaalvoetkind, sy is dalk nader duskant toe. Die dirigent Weiss Doubell se vrou het altyd reklame-emails uitgestuur en ek besef nou sy werk nie meer daar nie ek kry nie meer emails nie. Ek het reeds lank gelede die inligting vir haar deurgegee. Ek sal weer probeer, as Pattie kom doen sy dalk sommer die hele land.

    Te oordeel aan die foto’s het Boer-in-Ballingskap dalk ‘n beter kans as ons, boonop is hy ook baie nader aan Vanessa Mae.

  5. Vanessa Mae…NOU praat jy!

  6. […] Sy speel ongelooflik mooi … of bedrieg my oë my?  (Wie onthou my inskrywing oor die violis Patricia Kopatchinskaja, meer as 2 jaar […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: