Posted by: mykopop | Donderdag 16 Augustus 2007

…keer-om-te-kommuni-keer-om-te-kommuni-keer…

Ek het vandag ‘n uitstekende rubriek in Beeld gelees: Van mens tot mens: Hol klank van Facebook se alsgelyk-klets. Dis geskryf deur Prof. Wilhelm Jordaan. Nou moet ek sê, ek is nog nie so 100% agter die kap van die byl met FaceBook nie. (Laat my nou dink aan die ou tannie wat gesê het die ou mannetjie het ‘n skerp gesig soos ‘n kwart pond kaas.)

www.communicationmatters.org.uk

Dit het my onmiddelik ook weer laat dink aan ‘n gedig wat ek gister op ‘n blog gelees het. Die twee saam het my bietjie aan die dink gesit. Help die internet en al die nuwe tegnologieë en foefies ons om meer of beter te kommunikeer, of verhinder dit ons om te kommunikeer? Volgens die rubriek word vertel van ’n man wat met onverbloemde selfingenomenheid sê hy het nou 24 615 aanlyn-vriendskappe dwarsoor die wêreld. Dit KAN MOS NIE vir enigiemand moontlik wees om sinvol soveel vriendskappe te hê nie, of is daar nou supermense besig om te ontwikkel a.g.v. die verskynsel?

Ek wil nog ‘n stukkie aanhaal uit die rubriek:

Wat egte vriende doen, is om mekaar te ag in die kragveld van hul gekoesterde eendersheid en verruklike andersheid.

’n Kragveld waarin vriende hul eiesoortige weerbaarheid en weerloosheid as kosbare geskenke aan mekaar gee.

Doen gerus die moeite om die hele rubriek te lees. (Ek het dit op blik.co.za gesien. Blik kook.)

Soos ek gesê het, ek weet nog nie veel van Facebook nie en ek twyfel ook of ek ooit sal – ek dink nie dis my tipe ding nie. Maar ek het my nou in die blogwêreld begewe, nog nie vir lank nie, maar dit werk nogal vir my. Ek skryf my goedjies oor wat vir my lekker is, hier en daar lewer iemand ‘n kommentaartjie, ek lees bietjie ander mense se goedjies wat weer heel van myne verskil en waag hier en daar ‘n kommentaartjie. Ek het al gesien mense vervies hulle nou en dan vir mekaar, ek dink party mense het al tussen die lyne min of meer agtergekom watter tipe mens ek is, en ek oor party van hulle. Misverstande kan voorkom omdat mens mekaar nie regtig ken nie. Maar dit werk tog vir my, ek skryf nie daagliks iets nie, partykeer skryf ek niks nie maar eggo net iets wat vir my mooi is of wat ek van hou, en ek dink ek sal dit vir ‘n tydjie kan doen, miskien minder by tye maar tog.

Ek dink tog mens kan iewers in al die goed iets kry wat jou help om meer of beter met mense te kommunikeer. Vir een ou kan die e-pos wees, vir ‘n ander ou blogging, of vir ‘n ander een Facebook. Mens moet net nie die fout maak om te dink meer is beter soos die ou met sy 24615 vriendskappe nie. As ons niks hiervan kan gebruik nie is dit ons eie stjoepitgeit. Of wat praat ek alles?

O, ja die gedig:

http://www.mytafel.com

deur Susann Deysel

my naam is ek@mytafel.com
my vriende is gesiglose virtuele mense…

lees verder by haar eie blog



Responses

  1. Ek dink nie ruimtes soos Facebook is die woord “kommunikasie” werd nie. Eerder “networking” of “inskakeling”.

  2. Dankie vir die vriendelike noem van Blik!
    Ek dink ook nie die Web (watter Web tegnologie ook al) is juis goed vir ware vriendskap nie – maar dit is baie goed vir die uitruil van idees.

  3. Interessante post!! Ek hou daarvan om blogs te lees as ek so dan en wan ‘n paar minute tot my beskikking het in die dag. Ek sit egter nie heeldag agter my lessenaar soos die meeste bloggers nie. Ek werk van die huis af, dus kom en gaan ek heeldag. Ek is nie ‘n groepsdier nie en is ook nie eintlik een vir “small talk” nie. Ek lewer ook net kommentaar as ek rerig iets wil sê. Mens “connect” met sommige mense en sommiges nie. Hoe dit ook al sy, blogging verbreed mens se kennis, verbeter jou kommunikasie en ek hou veral daarvan om mense te bemoedig wat dit nodig het.

  4. LOL as iemand anders eers jou aanhaal… dan moet jy weet – jy moet meer skryf!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: