Posted by: mykopop | Woensdag 15 Augustus 2007

Lize Beekman – Iemand Het Gesê

Dis nie vir my nodig om vreeslik baie oor hierdie CD te sê nie. Daar is ‘n baie goeie bespreking daarvan by roekeloos

Rooiborsduif, ‘n Sonneblom uit Bethlehem en Iemand Het Gesê is natuurlik bekend. Die mooiste liedjie vir my is Ek En Jy In Die Kaap. Dis altyd lekker as ‘n mens ‘n CD koop met ‘n paar treffers op en dan nog nuwe gunstelinge daarop ontdek. Die liedjies is almal stillerig behalwe Die Toneelstuk wat miskien as effens rockagtig beskryf kan word. Woorde Het Vlerke is nie ‘n liedjie nie, dis ‘n voordrag.

Elke musiekversamelaar het seker in sy versameling ‘n paar (of ‘n hele paar) CD’s wat hy/sy van tyd tot tyd heel kan deurluister. Hierdie CD het vir my so geword pas na die eerste deurluister. Soos ek gesê het toe ek oor Cake geskryf het, daardie CD het ek eintlik gekoop net om Soutmansland te kry. Ek dink as jy bietjie rondkyk gaan jy dalk ‘n ander Afrikaanse Treffers CD of iets kry met Soutmansland op. Ek ken nou nog nie Lize se Draadkar Oor Die See CD nie, maar op die stadium dink ek hierdie CD is ‘n baie goeie een om haar musiek mee te leer ken.

Die liedjies:

1 Dankbaar vir Aeroplanes (L. Beekman)
2 Ek en jy in die Kaap (L. Beekman)
3 Byna Herfs (L. Beekman)
4 Rooiborsduif (Musiek: L. Beekman, Liriek: Breyten Breytenbach)
5 ‘n Sonneblom uit Bethlehem (L. Beekman)
6 Ek hou van jou (L. Beekman)
7 Die Toneelstuk (L. Beekman)
8 Saartjie (L. Beekman)
9 Iemand het Gesê (L. Beekman)
10 Ami (L. Beekman)
11 Woorde het Vlerke (L. Beekman)
12 Die Engele (L. Beekman)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: