Posted by: mykopop | Donderdag 9 Augustus 2007

Jippie! MP3’s in my ou kar!

Ek soek nou al lank na een van hierdie, ek het al verskeie gesien op die internet, maar ek wou hom graag oor die toonbank koop. Vanoggend is ek na ‘n plek wat toerusting verhuur om ‘n nuwe choke-lever vir my kettingsaag te koop. Met die uitstap sien ek hier’s ‘n rekenaarwinkeltjie langsaan wat ek nie ken en en val gou daar in. Daar het hulle hom toe:


Hierdie meneerjie prop by die sigaretaansteker se sok in. Hy het ‘n ingeboude FM sendertjie, so jy kan hom saam met die oudste motorradio gebruik – jy kies een van 15 verskillende frekensies op hom en stel dan die radio op dieselfde frekwensie in. As bron van musiek kan jy ‘n USB-stokkie gebruik, ‘n SD/MMC geheue-kaartjie of jy kan ‘n kabeltjie wat saam met die speler kom gebruik om ‘n i-pod of so iets te koppel as ‘n inset.

Ek het nou nog nie lank na hom geluister nie, maar ek gee solank ‘n paar eerste indrukke, ek sal later weer vertel of ek hom geniet of nie.

Die senderjie saai ‘n FM-stereo sein uit, dus kan jy darem in stereo na jou musiek luister. Ek het jare gelede die twywelagtige voorreg gehad om die stereo-enkodeerder van ‘n regte FM-sender in te stel, ek kan nie glo dat hulle dit nou in so ‘n klein dingetjie kan inbou nie!

Die eerste USB-stokkie wat ek gebruik het was ‘n ou 64 MByte een. Vanaf die 7-de snit het dit ‘n geraas begin maak i.p.v. musiek. Ek het toe ‘n ander een van 128 MByte probeer en nie weer die probleem ondervind nie. Ek sal maar so gou moontlik ‘n groter een aanskaf, die handelaar het my verseker dit werk met enige grootte, hulle het tot 8GByte getoets. Ek vermoed ook dat die nuwes wat USB 2.0 is ‘n beter kans het om te werk. Wat jammer is, is dat daar nie ‘n manier is om tussen sub-directories te navigeer nie (hy scan wel en kry alle snitte), en dis ook taamlik stadig om tussen snitte te spring. Ek dink ek sal maar ‘n 1GByte kry, teen die bis-tempo wat ek my MP3’s kodeer (128 k) sal dit my omtrent 250 snitte gee, genoeg vir ‘n baie lang pad.

Aanvanklik het ek ‘n bietjie distorsie gehoor nou en dan, maar dit was op die eerste frekwensie van 87.7. Ek het toe die eerste volgende frekwensie gesoek waar my radio niks opvang nie, dit was 88.7 en nie weer die vervorming gehoor nie. Ek vermoed dis maar omdat 87.7 so op die randjie van die FM band is. Ek verwag ook nogal bietjie ‘n probleem as mens lang pad ry – dan ry jy mos verby baie senders met verskillende frekwensie, dit mag nogal nodig wees om een of twee keer die speler se frekwensie te verander.

‘n Ander probleem is dat as die spelertjie se volume op maksimum is, moet ek nog steeds my radio harder sit as normaal, dus is dit oorverdowend as en terugskakel na ‘n ander stasie.


Ek kon seker ‘n ander radio aangeskaf het, maar aangesien my radio reeds RDS het, sou dit my bietjie duur gekos het vir ‘n radio wat MP3 (vanaf ‘n CD-R) kan speel en ook nog weer RDS het. Ek sal julle laat weet hoe dit gaan met hierdie dingetjie.

Die speler word versprei deur Esquire Technologies, jy kan nie by hulle koop as jy nie ‘n handelaar is nie. Ek het vir hulle e-pos gestuur om ‘n lys van handelaars aan te vra en geen antwoord gekry nie. Ek weet eintlik nie hoekom ek hulle vir sulke swak diens beloon het deur hulle produk te koop nie, maar ek wou hom so graag hê, so nou het ek. Ek het R350 vir hom betaal.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: