Posted by: mykopop | Saterdag 4 Augustus 2007

‘n Padda Uit Die Rots

Elke Saterdagoggend so kwart voor sewe is daar ‘n omgewingspraatjie met Prof. Tertius Harmse van die UJ (dis nou die ou RAU). Dis jammer dat die program in ‘n tydgleuf aangebied word wanneer die meeste mense nog slaap. Eintlik moet almal hoor hoe ons die omgewing verniel. Maar miskien is dit van toepassing: ons slaap rustig.

Onlangs, en weer vandag, het prof. Tertius briewe behandel van luisteraars wat van ‘n baie interessante waarneming vertel. Eintlik sou dit dalk meer tuis gehoort het in die ander RSG program Hoe Verklaar Jy Dit op Sondae, maar dit maak seker nie saak nie.

Die mense vertel waar sandsteen opgekap is, gebeur dit dat daar ‘n holte binne-in die klip is en dan spring daar ‘n spierwit paddatjie uit, maar hy vrek onmiddelik nadat hy met die lug in aanraking kom. Die Prof. se verklaring is dat sandsteen “goed genaat” is en die padda as ‘n paddavissie of baie klein paddatjie in die holte kan beland en daar vasgekeer word. Die paddatjie kan daar op mikro-organismes oorleef. Die omgewing is egter baie suurstofarm, dus die oomblik as die volle suurstof in die lug die paddatjie tref, vrek hy onmiddelik.

Dit laat my so half dink aan die tien plae van Egipte en later waar Moses die rots met sy staf geslaan en daar water uitgekom het.

Ek het gesoek op die internet, maar kry nêrens iets oor die verskynsel nie. Dus, as jy met sandsteen werk, hou jou videokamera aan die rol, miskien kan jy dit vir die wetenskap verewig! Andersinds, luister maar bietjie op Saterdae wat die Prof. te sê het, al is dit net as jy die pad vat iewers heen vroeg op ‘n Saterdagoggend.

Ek het die prentjie geleen by


Responses

  1. Paddas is grillerige goed, maar verder hou ek van jou blog!

  2. paddas is lekker goed…..hehehe…vra maar die franse wat dit al jare lank eet! wed jou jy’t iets anders gedink…mmm ja dit ook!

  3. Baie interessant. Paddas is ongelooflike diertjies wat op die vreemdste maniere kan voortplant en oorleef. Om nie eens te praat van al die verskillende en oorverdowende klanke wat uit daai klein lyfies voortgebring kan word nie.

  4. Sjoe ek kan nie dink dis meer as ‘n jaar en ‘n half gelede dat ek hierdie inskrywing gemaak het nie!

    Ek lees vandag in Chris Barnard se kortverhaalbundel Duiwel-in-die-Bos, in die verhaal “Die Gog”, op bl. 23: “Is daar dan lewe in die toe stamme van bome? Soos die wit paddatjies in klippe, miskien…”. Die verskynsel is dus wyer bekend.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: