Posted by: mykopop | Donderdag 2 Augustus 2007

Is Rokers Vriendeliker?

Gistermôre in Monitor op RSG het hulle gepraat oor rook op skoolterreine moontlik vir onderwysers verbied kan word.

Een dame wat gepraat het, het gesê “Ek is 50 jaar oud en oud genoeg om self te besluit. Ons is nou al gewoond daaraan om in restaurante in hoekies ingedruk te word. Maar eintlik is ons die beste kliënte, want ‘n roker is net ‘n vriendeliker mens as ‘n nie-roker.”

Sommer net so, sonder om te blik of te bloos. Lyk Oopkop se roker miskien baie vriendelik? Wat sê julle?


Responses

  1. Ag dis onmoontlik om hulle in kategoriee van vriendelik of onvriendelik te plaas. Dis maar net die vrou se persepsie. Wat ek wel agtergekom het is dat meeste (en dis my persepsie) rokers selfsugtig is. Jy kan hoeveel ‘moet asb nie rook nie’ tekens op sit teen mure ens. Die rokers wat ek ken, steur hulle nie daaraan nie. Plus ek kon nog nooit die hele restaurant ding verstaan nie. Dit kan mos nie werk nie! Gaan rook buite man. As ou roker het ek simpatie, maar jy moet respek he^ vir ander mense en nie jou verslawing hul probleem maak nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: