Posted by: mykopop | Sondag 22 Julie 2007

Blokkerol vriende!

Ek hoop nou nie ek pleeg nou plagiaat nie, maar tot dusver het ek nog nie iemand gesien wat sy/haar “blogroll” ‘n blokkerol noem nie. Ek probeer maar my blokkop so stadigaan inwurm in ‘n kringetjie waar ek my tuis voel, dankie aan die van julle wat my al verwelkom het. Ek sal een van die dae die uitverkorenes op my blokkerol sit.

Dis lekker om so Afrikaanse terme te probeer skep. Ek het ‘n woord gesoek vir “Comments”, ek sien toe Annelie (van die versies) praat van ‘n kom’taar, ek hou daarvan maar sê toe hoekom skep ons nie ‘n slag ‘n lekker ou anglisisme nie: Koemente. Annelie sê dit proe vir haar na pepermente. In die Junie uitgawe van die ATKV tydskrif Taalgenoot is daar ‘n artikel “b(l)ogpraatjies”, hulle sê ons kan sulke nuutskeppings stuur na taalgenoot@atkv.org.za. Ek sal.

As jy lekker blok het (ek lees baie graagter Afrikaans), los vir my ‘n koement en ek sal gaan kyk of ek blokkerol daarvan dink of nie!

Julle kan my ook kontak by mykopop by gmail dot com.


Responses

  1. Ek het nog nie sover die woord “blokkerol” raakgeloop nie, maar ek dink dis ‘n baie oulike woord!

  2. Ek ook nie. Ek dink ook dis oulik.

  3. Wat is die Afrikaans vir blog? Is dit blok? Askuus, hoop nie jy gee om ek vra nie. Dis ‘n mooi woord. Klink net vir my net ‘n bietjie te veel na ‘boggerall’, maar dit bly oorspronklik.

  4. Roer, ek sien baie mense gebruik die woord ‘blok’, sien bv. Steve se Spoeg Blog, en dit laat my ook dink aan ‘skryfblok’, so blok werk definitief vir my. (Ek wonder of Steve homself half een voel met Oom Paul wat daar by die Queen ‘n spoegbakkie gesoek het – dink julle hy gaan dalk eendag politiek toe?)

    Wat blokkerol aanbetref, ja, pun fully intended, guilty as charged. Die titel is ook natuurlik bedoel om dubbelsinnig te wees, ek het mos nog maar onlangs begin blok en soek nog bietjie rond, dus nog niks in my rol op die oomblik nie. Dankie, ek sien ek is nou op jou lysie, jy sal beslis op wees sodra ek daarby uitkom.

  5. hallo. nie geweet jy claim kopiereg nie; dog, ek het gedag as ‘n mens ‘n woord skep, is dit om gebruik te word deur almal; nie om alleen te gebruik nie :)?

    Ek vermoed Radio jakaranda het ook iets soos ‘n bloggerol of so iets.

  6. Ekkedink, jy dinke reg! Natuurlik kan almal dit gebruik!🙂

  7. […] smileys, sms, verbaal, vuisboek So tussen my en mykopop het ons elkeen op die ander “gekoement” (soos kopop dit noem ), maar dit kon maklik (as dit nie dalk het nie) ‘n misverstand […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: