Posted by: mykopop | Woensdag 18 Julie 2007

Lize Beekman – Cake (Met ‘n jazz-raaisel)

Ek hou nou al ‘n rukkie die rakke dop vir ouer CD’s van Lize Beekman, want ek onthou die mooi tema van Soutmansland, maar al wat ek tot dusver gesien het was haar nuutste, Draadkar Oor Die See. Ek wil altyd ‘n kunstenaar se ouer albums eerste koop. Saterdag loop ek toe haar CD “Cake” raak. Penarie – daar is net drie Afrikaanse snitte op: Iemand Het Gesê, Soutmansland Tema en Rooiborsduif. Ek het reeds Rooiborsduif in my versameling op die CD “Om Te Breyten”. As jy 7de Laan kyk sal jy onthou dit was daar gebruik: Dezi en Theuns se liedjie, baie mooi gedig van Breyten en baie mooi getoonset en gesing deur Lize.

Ek los toe eers en terug by die huis kyk ek toe eers op die internet. Sy het al in 1997 ‘n album Eyes Of A Child uitgegee en Cake het al in 2000 uitgekom. Daar is ook ‘n CD Iemand Het Gesê wat in 2003 uitgekom het waarop alles in Afrikaans is as ek reg onthou. Ek kon geen inligting kry oor Eyes Of a Child nie. Eendag sal ek Iemand Het Gesê ook moet koop en sal dan dus weer betaal vir daardie liedjie. Ek moes toe besluit of ek die CD wil koop net vir die Soutmansland Tema. Nou ja, julle weet natuurlik wie het gewen. Maar kan ek dit help as ek effens verneuk voel?

Die meeste van die Engels-Engels-alles-Engels liedjies is ook baie mooi en lekker om na te luister, behalwe die titelsnit Cake en ‘n kort versteekte snit wat lyk my so ‘n reprise van die instrumentale gedeelte van Cake is, is regte jazz…. En ek hou nie van jazz nie!

Daar is wel een jazz waarvan ek hou. (Miskien twee) Nou moet ek eers ‘n bietjie van ‘n ompad vat om by ‘n uitdrukking uit te kom wat ek wil gebruik. Toe ek ‘n kind was het daar ‘n oom Hendrik Kotzé naby ons gewoon. Sy vrou is toe op ‘n stadium oorlede en hy het toe soos ons gesê het ‘n eetloseerder by ons geword – ietsie betaal en middagetes by ons kom eet. (Ja, in daardie jare het mens nog jou hoofmaal in die middag geëet) Ons as kinders het ‘n spesiale verhouding met oom Hendrik (wat ouer as my ouers was) gehad, amper nie soos met ‘n grootmens nie. Ek onthou op ‘n dag het oom Hendrik plegtig vir my Pa gevra of hy maar vir ons slapbandboeke mag leen. Dit was nou speurverhale so in ‘n seun se kraal. So sekere dinge in die lewe het ek seker van oom Hendrik geleer. Ek dwaal nou heeltemaal af, maar oom Hendrik het interessante uitdrukkings gehad, bv. as hy jou ‘n raaisel wou vra, sou hy sê: Ek gee jou te raai… Ken julle die uitdrukking?

Nou vanaand gee ek julle te raai: Van watter jazz hou ek wel?


Responses

  1. Oeg Chris – ek hou ook nie van jazz nie, en ja soms koop mens ‘n CD sowaaaar net vir een snit!!!
    Maar jou “riddle”, giggel, gaan ek “pass” – die kom’taar sal ek nie nou op die blad neerplak nie, ek KEN jou dan skaars!😉
    Het jy my e-pos toe gekry? dis die annelieseversies een dink ek, maar ek is ook nie aldag seker nie, DIT bly ook soms vir my ‘n raaisel: watter e-pos adres is nou weer watter een, maar daai een sal wel by my uitkom en ek skryf die versies van annelieseversies, en dis wat ek verstaan het jy vra, reg? so laat weet maar as jy dit gekry het, ok?

  2. Al wat in my opkom van jazz wat nie regtig jazz is nie – is die fliek Chicago en die een song wat hulle daarin sing wat so ‘n stukkie bevat met die volgende woorde “and all that jazz”! Nou moet jy nie vra wat die song se naam is nie!

    Die ander jazz wat jy dalk van kan hou is “gadgets en gimmicks” (sp?)! Soos in al daai elektroniese goetertjies wat mans eenvoudig net MOET hê en daai gadgets waarsonder jul absoluut net nie kan bestaan nie! So iets? As dit nie dit is nie – dan weet ek nie! Sorry!!

    Lekker daggie
    René


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: