Posted by: mykopop | Dinsdag 17 Julie 2007

Nog ‘n bietjie

Ek het al gehoor die mediese navorsers sê jy moet elke dag ‘n glasie rooiwyn gebruik om jou hart gesond te hou. Ek het natuurlik daarvoor geval – hoek laain en sienker. Ander navorsers verskil natuurlik, maar dis mos nou nooit nodig om ‘n goeie store met feite te bederf nie. Aangesien ek die enigste een in die huis is wat hierdie filosofie aanhang, beteken dit partykeer wyn word suur as ek ‘n bottel oopmaak en dit in 3 tot 4 dae verbruik. Ek het so ‘n pompie gekoop met twee spesiale proppies waarmee jy die bottel kan vakuum. Dit help tot ‘n mate, maar die rubbertjies is taamlik voos teen die tyd.

Intussen het ek ook met bokswyn geëksperimenteer. (Ek het al gehoor mense het ‘n ander leeeelike naam vir bokswyn – mens moet nooit drinkbare wyn lelike name noem nie.) My ondervinding met bokswyn is: hulle word suur. Droë rooi, altans. Ek weet nie of die kenners met my saamstem nie, maar vir my is daar ‘n besliste verskil tussen suur en droog.

Ek is nog altyd ook baie lief vir ‘n rosé. Cellar Cask Johannisberger rosé in 750 ml bottels is al lankal vir my ‘n bekostigbare gunsteling. Toe besluit ek eendag, laat ek maar ‘n 2-liter boks probeer. Vir my is die smaak dieselfde as die bottels, en ek het nog nie die suurwordprobleem ondervind nie. Hoeveel van die goed wat hartaanvalle voorkom daarin is weet ek nou nie, ek drink dit sommer vir die lekkerte!


Responses

  1. Dis ‘n lelike ‘catch 22’ storie hierdie. Liefietjie het baie stress so ek gee nie om as hy ‘n rooi wyntjie elke dan en wan sluk nie. Jy weet, so vir die stress, maar toe begin die voet pla. Gout! Nou moet dit opgeweeg word hart of voet. Ek sien hart loop ver voor…

  2. Ek is net so mal oor ‘n rosè. Jy moet Robertson s’n probeer. Ek dink hulle maak dit in die hemel en pos dit dan aarde toe.

  3. Dankie Anja, ek ken dit goed, so ‘n boepensbotteltjie. Dit is lekker, maar vir my bietjie soeterig, amper half koeldrankerig, daarom verkies ek die Cellarcask wat vir my meer na wyn smaak. Ek moet weer ‘n slag bietjie van daardie koop en kyk of my vrou nie ‘n slag ‘n glasie wil saamdrink nie.

  4. Ek’s baie bly jy het die vakuum-pompie – dit help baie om wyn vars te hou. Maar onthou, wyn is soos kos – dis die beste vars, so probeer om nie oor te hou nie. En onthou, as mens se lewer onaktief is, raak die ou ding baie lui! 😉

    Probeer Woolies se bokswyn. Effe duurder, maar die moeite werd!

  5. Ek’s bly jy het die vakuum-pompie gekry. Dit help, maar wyn (nes kos) moet liefs vars gedrink word. En onthou, jou lewer moet akrief bly, want die ou ding raak gou lui! 😉

    Probeer Woolies se bokswyn. Bietjie duurder, maar die moeite werd!

  6. Laat my dink aan die bliksems van JHB waarvoor ek gewerk het.
    As hulle na hulle “estate” in die Kaap kom, en in die “homestead” bly, suie hulle alle duur wyne.
    Sou daar ‘n oop bottel of 2 oorbly met hulle terugkeer hel toe, mag die permanente bediende in die plaashuis, NIE iets met die bottels doen nie.
    Keer hulle terug na 3 maande, skink hulle weer die dure wyn, teug tussen die muggies en verwensinge deur, en slaan die hande saam oor hoe fantastiese wyn hulle koop!

  7. O, ek sien ek is nou anonymous! Blogger sites het ‘n vreemde manier om met besoekers te werk…

    Groete
    Skoor


Lewer kommentaar op boerinballingskap Kanselleer antwoord

Kategorieë