Posted by: mykopop | Saterdag 14 Julie 2007

Klein Bietjie Wyn

Ek was altyd baie lief om Anton Goosen se liedjie “Klein Bietjie Wyn” by ‘n kampvuur op ‘n kitaar te tokkel vir ‘n saamsing, so dit vir my ‘n gepaste naam vir hierdie stukkie.

Omdat ek die enigste rooiwyndrinker in die huis is, is dit partykeer bietjie skadelik om ‘n bottel oop te maak. Ook in restaurante bestel ek dikwels maar die 250 ml botteltjies, al hou ek so van die romantiek van kurk. Klink my darem daar is van die kenners wat reken van die alternatiewe is dalk net so goed of beter.

Vir lank het ek gesoek of ek nie van die klein botteltjies kan kry vir huisgebruik nie. Onlangs het daar wel van hulle begin verskyn, maar teen R12 of meer. Toe loop ek so ‘n maand gegelede hierdie een by Pick-‘n-Pay raak: Drostdy-Hof Claret S.elect, 375 ml (halwe bottel) teen R9.90. Nou is hy ook al weer tussen R10 en R11.


Dit is nou seker nie ‘n wyn vir ‘n fynproewer nie, en ek het nou nie die kennis van wynproe om te se ek proe kersies, of neute of yster of wat ook al nie, maar hy drink vir my nie onaardig nie. Ek is ook nie ‘n ou wat elke slag ‘n halfbottel wyn sal drink nie, so bv. vanaand het ek die helfte van een gedrink, die ander helfte bêre ek vir môremiddag (Sondag) se tjoppie.


Responses

  1. hey Chriskop op ‘n kubusblok!
    die bottel is seker nou al leeg – ek weet nie watter Sondag jy hom sou klaar maak nie?😉
    waaaar in die wêreld het jy my versies opgespoor, wieee het jou van my vertel of hooeee het jy my adres gekry? ek kla nie, ek’s eintlik baie bly, ek wonner net so biekie, en hoop jy kan onthou.
    cheers op die volgende een!

  2. Hi Annelie, ek het van jou versies gehoor by http://www.blogafrikaans.co.za (Maar lyk my blogafrikaans is half dooderig, ek wil ook daar registreer maar hulle antwoord my nie.)

    Toe het ek by annelieseversies gekliek op View my complete profile, toe sien ek sy het net een blog, annelievr, toe vat ek ‘n kans en gmail vir annelievr en vra of sy die annelie van die versies is, toe sê sy nee sy’s Annelie van Rooyen.

    Nou spin my kop soos die blokkies om die balletjie in die middel van daai kubus! Sal die regte Annelie nou opstaan en my gmail by mykopop asseblief?|

  3. Daar is baie snobisme rondom wyn. Aan die einde van die dag, glo ek dat die lekkerste wyn, die een in jou glas is. Wat jy van hou, is vir jou die beste en dis soos dit hoort. Maar eish…daai klein botteltjie – sal my nie ‘n uur hou nie!🙂

  4. jy moet jou bekookelt hou, sillie grappe inkluis, mnr met jou kop op ‘n plek wat wel, watsenaamse plek dan maar net, punt!
    ek issie annelie van rooyen, sy sal kwaaaaaaaad word as jy sulke dinge sê – loop vra haar self!
    en ek dink jy werk agteruit, as jy DIT verstaan, lol

  5. Annelie, ek sal maar net aanhou om kommentaar te lewer op annelieseversies! Willie iemand kwaadmakie.

  6. ok dan – hoe gmail ek jou opjoukop?

  7. skuus ek het jou dalk onnodig uitgetrap, was my kort lont wat hier uitgeval het, sorrie sir.
    jy mag seblief nog komtare kom lewer op my werk, jy’s baie welkom, soos ek al laas gesê het, ja?
    en ek weet nie hoe om te weet jy antwoord my sonner om aanmekaar te moet kom kyk hier op jou blok, en ek het stroes nie tyd daarvoor nie – so antwoord my liewer op my eie een, blief, dan sal ek weet jy antwoord my mos.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: