Posted by: mykopop | Saterdag 14 Julie 2007

Ek wil ook een hê!

(Ek kry die prentjie by http://www.nmdaasset.com/)

Vanaand op die TV-nuus het hulle ‘n beriggie gehad oor miniatuurdonkies. Is hulle nie oulik nie?!!! Soos Terrance April gesê het: Die donkie bly ‘n wonderlike ding.

Toe ons nog in Upington gewoon het, het hulle besluit om ‘n monument op te rig vir die donkie, vir sy bydrae tot die ontwikkeling van die dorre streek. Ek besluit toe om my eie liedjie oor die donkie te skryf, ek noem dit sommer Donkie-Donk. Dis ‘n oorspronklike liedjie, maar ek kan nie anders nie – ek sluit hom af af met so ‘n stukkie van Oom Chris Blignaut se liedjie. As ek jou eendag ontmoet en ek is in die bui, sing ek hom dalk vir jou.

Byvoeging, 7 Januarie: As jy graag na Chris Blignaut se Die Donkie Is ‘n Wonderlike Ding wil luister, kry hier die YouTube video.  Jy kan http://keepvid.com gebruik om dit permanent op jou rekenaar te stoor.  As jy sukkel om dit af te laai, te speel of om die mp3 uit die video te haal, soek my e-pos in die kantlyn en vra my.


Responses

  1. Die donkie is inderdaad ‘n wonderlike ding….tans die minister van gesondheid..hehehe!

  2. Ek is mal oor donkies.

    Ek het nog ‘n ou grammafoon en plate, van my ouma, een daarvan is van Chris wat “O die donkie” sing.

    Dis baie nice, ek speel dit nie baie nie, want ek is erg oor die plate en is so bang hulle breek. Ek dink hulle is van glas of iets gemaak, want as hulle val is dit verby…

    En mens moet mooi werk met die naeltjie, as jy hom verkeerd opsit krap jy daai plaat vir altyd.

  3. Dankie Rosalind, kan jy glo, my volgende inskrywing wat ek beplan, na die impromptu een wat ek so pas geplaas het, gaan oor platespelers, maar darem die moderne tipe. My vrou het ook ‘n oue wat sy geërf het, met ‘n klompie ou plate. Ek het al gehoor die mense het ‘n doring i.p.v. ‘n naald gebruik, maar sal die liewer nie probeer nie!

    Wat oom Chris Blignaut aanbetref, sy musiek het darem op CD ook verskyn, die eerste een was “So het hulle gesing No. 2” CDTGE 7 (J), so ‘n gele, hy het eerste verskyn (verkoopstruuk?). Die ander een is so ‘n bloue, “So het hulle gesing 4 – Die Juweel Jare” – dis die een met al sy bekende liedjies: Die Donkie, Die Apie, Die Bosveldbul, Groenblare, Ou Ryperd, Jan Asseblief Tog, Die Trein na Pretoria en ‘n paar minder bekendes.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: