Posted by: mykopop | Dinsdag 10 Julie 2007

Twee Binnehartsliedjies


Die reeks Ballade Vir ‘n Enkeling is mos onlangs weer uitgesaai, die eerste reeks altans. Ek weet nie wanneer die eerste reeks die eerste keer uitgesaai is nie, ek het die CD “Ballade vir ‘n Enkeling 2” gekoop, die omslag sê 1993 – dit moes tydens of net na die uitsaai van die tweede reeks gewees het.

Ek onthou nog hoe ek uitgesien het na hierdie CD toe hulle hom begin adverteer het. In my geestesoog het ek gesien: ‘n Collage van “Lena Aucamp” se skilderye, foto’s van die akteurs, die lirieke. Toe tref die CD Upington se winkels en ek koop hom. Niks… niks van wat ek van die omslag verwag het nie. Die “boekie” is ‘n simpele enkele blaadjie wat dubbel gevou is, binnekant spierwit. Die voorblad net ‘n foto van die hoofrolspeler Gavin van den Berg. (Oukei, oukei, ek kry die boodskap – Enkeling!) Die agterkant van die dubbelvoublaadjie het darem vier fototjies, die twee liedjieskrywer-sangers, die regiseur Henry Mylne. Boonop is die lys van snitte op hierdie blaadjie en die agterkant verkeerd: Die CD het 16 snitte maar net 15 word gelys.

Die musiek op die CD was darem natuurlik nie ‘n teleurstelling nie, omdat ons dit reeds geken het en dit so uitstekend was dat dit sulke hoë verwagtinge oor die verpakking geskep het. Daar is nie baie liedjies op die CD nie, ‘n groot deel van die snitte word in beslag geneem deur instrumentale temamusiek. Louis van Rensburg se Voshaarnooi, ‘n toonsetting van drie van Boerneef se gedigte, op bl. 48, 58 en 68 van sy versamelde poësie. Nou ek is ‘n groot, grooot, GROOOOT Boerneef aanhanger, maar ongelukkig raak ‘n liedjie soos hierdie later afgesaag. Twee ander liedjies van Louis, Kom En Hou My Vas en Michael Se Lied is ook baie mooi. Tussen Treine is natuurlik nie op hierdie CD nie maar op ‘n ander een van Richard saam met Lochner de Kock. Bemarkingstruuk of was dit net in reeks 1?

Die twee liedjies wat vir my diep is op hierdie CD is van Richard, die een se titel het weggeraak en veroorsaak dat net 15 snitte gewys word terwyl daar 16 is. Die twee liedjies bevat albei die woorde Bakens In Die Nag, so ek noem hulle Bakens In Die Nag 1 en Bakens In Die Nag 2. Op Richard se tuisblad word hulle weer genoem Skepe In Die Nag Deel 2 en Skepe In Die Nag Deel 1. Jy kan daar na kort uittreksels luister. Ek noem hulle binnehartsliedjies omdat hulle vir my mooier is as die liedjies op Richard se nuwerige CD “Song Uit My Binnesak”.
_______________________________________
Die CD is sover ek weet vandag nog beskikbaar.
Hier is my weergawe van die lys snitte:

01 Begintitels (Richard vdW)
02 Enkeling(Richard vdW)
03 Voshaarnooi(Louis vRensburg)
04 Kom en hou my vas (Louis vRensburg)
05 Bakens in die Nag(Richard vdW)
06 Bakens in die Nag 2
07 Michael se lied (Louis vR)
08 Jacques en Deidre(Instr)
09 Shivas en Lood(Instr)
10 Jonathan se tema(Instr)
11 Liebet se tema(Instr)
12 Liebet se smart(Instr)
13 Wikus se tema(Instr)
14 Mareike se tema(Instr)
15 Verkragtingstoneel(Instr)
16 Eindtitels(Ricard vdW)


Responses

  1. great cd gewees….ai die feit dat ek dit onthou is scary is al 24 jaar terug ….sug

  2. […] Sandkasteel, dink ek weer aan ‘n inskrywing wat ek meer as ‘n jaar gelede gemaak het, Twee Binnehartsliedjies oor twee van Richard van der Westhuizen se liedjies wat in die TV-reeks Ballade vir ‘n […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: