Posted by: mykopop | Dinsdag 10 Julie 2007

Bakens In Die Nag 1+2

Lirieke deur Richard van der Westhuizen, van die CD Ballade vir ‘n Enkeling 2, klankbaan van die TV-reeks.

Bakens In Die Nag 1

Waarvoor is ek bang
waarvoor is ek bang
Dis ‘n fyn fyn draad
wat die liefde soms aan hang

weerlose woorde
gevlek tot op die been
nou word alles helder
meteens is ons alleen

Bakens in die nag
skepe sonder vlag
hoor jy my, hoor jy my
vaar ons by mekaar verby
nou het ek jou gekry
sal die liefde by ons bly?
bly by my
bly by my
stil die storm stil

soms as ek jou sien
probeer ek aan jou raak
maar my hart hang halfpad stil
as die woorde my verlaat

hoeveel keer probeer
hoeveel keer verloor
liefde in ‘n spieël
is liefde sonder spoor

Bakens in die nag 2

Teen die stroom met die wind van voor
agter ons lê ‘n lang-lang spoor
wie gee om vir die donderweer
ons kan enige storm trotseer
en ons bol ons seile stuur op ‘n ster
al is dit ook hoe ver
soos ‘n albatros wat ‘n legende bring
uit ‘n onbekende kring

so lank geswerf, so hoog gevlieg
vou jou vlerke toe my lief
vou jou toe in ‘n warm droom
in ‘n wêreld waar ons saam in woon
sonder rigting soveel jaar
maar voor jy weet is ons daar
waar die oggendster deur die donker uur
die helder lig van die liefde na ons stuur

Koor:
Ek sien jou weer, soos die eerste keer
‘n baken in die nag
die donker vlug voor ons helder lig
erens breek die nuwe dag
dink jy ons sal ooit verstaan
hoe die liefde kom en gaan
verstaan jy daar, dis alles waar
ek neem jou saam op ‘n koers na wie-weet waar

Altyd stroom-op teen die wind
niks of niemand kan ons bind
nou woon ons waar die weerlig slaan
en die wêreld is ver hiervandaan
uiteindelik is ons bymekaar
en voor ons weet is ons daar
waar die oggenster deur die donker uur
die helder lig van die liefde na ons stuur

Herhaal koor


Responses

  1. mooi!

  2. Ek’t gedog JY het dit geskryf – tot ek aan die einde kom , toe moes ek lees jy DINK dis iemand anners, sjoe.
    Dalk moet jy dit aan die begin sê, as ek dan nou maar ook ‘n sê’kie kan sê hier. lol.

  3. Hi annelie. Dit was nie my bedoeling om vir een oomlik dit te laat lyk of ek dit geskryf het nie, ek het aangeneem dat mense die lirieke-possie saam met die ander een oor die CD sou lees. Omdat die een liedjie uitgelaat is op die CD omslag neem ek maar aan dis oor deur Richard geskryf, soos die CD omslag wel van die ander een sê, aangesien die twee ‘n eenheid vorm.

  4. Ek het dit so bietjie verander om Richard se naam heel bo te sit. Ek is iemand wat altyd erkenning sal gee aan wie dit toekom.

  5. mal oor richard se musiek


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: