Posted by: mykopop | Donderdag 5 Julie 2007

Lienka se CD

‘n Mooi stem

Ek het albei ddisselblom CD’s gekoop, waarop Lienka ‘n paar liedjies solo sing. Sy het vir my die mooiste denkbare Afrikaanse vroulike stem, geen vreemde aksent of aansitterigheid nie. Ek het al vir maande haar solo-CD op die rak gesien en gedink eendag. Onlangs het ‘n resensie in die ATKV tydskrif Taalgenoot verskyn wat die CD baie prys. Toe het ek onmiddelik besluit om te koop, maar was natuurlik nie die enigste een wat die artikel gelees het nie, ek moes eers by ander winkels gaan soek.

Vir my die mooiste liedjies:

Wag-‘n-bietjiebos
Somehow my love (Gedeeltelik Afrikaans, gedeeltelik Engels)
Pad Na Jou Hart
Net ‘n Droom
The Muse

Omslag en boekie

Ek hou van die eenvoud van die voorblad. Ek hou niks van die manier waarop die woorde in die boeke gedruk is nie, alles aaneenlopend, nie mooi in versievorm nie, en daarby in ‘n handskrif, nie gedrukte letters nie. Ek hou ook van die foto’s in die middelblad van die boekie – ai, waar is die dae van LP’s, as jy Neil Diamond se Love At The Greek het in viniel, gaan maak hom weer oop en jy sal weet wat ek bedoel.

So?

Koop hom! Veral as jy soos ek probeer om ‘n versameling van alle Afrikaanse musiek wat die moeite werd is bymekaar te maak. As jy nou baie begrotingbewus is, probeer eers na ‘n vriend se kopie luister. Goed, ek dink nie daar is een liedjie op wat regtig in ‘n mens se kop gaan draai, wat jy op pad werk toe sing soos Waterblommetjies of so iets nie. Party van die liedjies raak bietjie raserig vir my, wat weer in ander mense se smaak kan val. Maar daar is mooi liedjies en dis ‘n uitstekende produksie.


Responses

  1. Ek stem 100% saam met jou oor Lienka se CD – het hom aangeskaf twee dae nadat hy op die rakke verskyn het! Ek dink Lienka en Nianell is die naaste aan Engelstemme op aarde wat mens kan kry! Ek is ‘n groot fan!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: