Posted by: mykopop | Maandag 2 Julie 2007

Persoonlike-finansies sagteware: Grisbi

Ek het so 2 jaar gelede begin om my persoonlike finansies te doen met Grisbi, ‘n oop-bronkode program. Ek het lank gesoek en verskeie programme probeer. Tot dusver is Grisbi vir my die maklikste vir persoonlike finansies.

Die program is beskikbaar vir verskeie bedryfstelsels, by http://sourceforge.net/projects/grisbi, ek gebruik die Windows weergawe, kry dit by http://grisbi4win.sourceforge.net/www/?lng=en

Soos baie dinge in die lewe is Grisbi ook nie volmaak nie. Dit maak dit egter maklik om transaksies in te voer per kategorie en hou vir jou die saldo’s van jou bankrekeninge en kontant by. Dis ook maklik om ‘n verslag te skep wat bv. jou uitgawes en inkomstes vir die maand tot dusver te wys, asook ‘n algemene totaal (inkomste – uitgawe) sodat jy kan begin skat of jy aan die einde van die maand beter of slegter daaraan toe gaan wees as aan die einde van die vorige maand. Om jou tjekrekeningstate te versoen kan nie makliker wees nie.

Hier is ‘n paar dingetjies waarmee Grisbi nie so goed is nie:

  • Dokumentasie. Die dokumentasie is eintlik in Frans geskryf, maar omdat die program so maklik werk kon ek regkom sonder om regtig na die dokumentasie te kyk.
  • Begroting. Ek kan nie uitvind of dit hoegenaamd moontlik is om Grisbi self te gebruik om ‘n begroting op te stel nie. Ek gebruik ‘n spreiblad om my begroting op te stel en vergelyk dan net die verslag van Grisbi daarmee. Daar is iets wat hulle noem “Budgetary Lines”, maar ek gebruik net “Categories”, ek kan nie sien dat “Butgetary Lines” enigiets anders doen nie en dis net dubbel werk wanneer jy die transaksies invoer.

Wenke vir persoonlike finansies:

  • Hou dit redelike eenvoudig – nie te veel kategorieë nie, maar darem ook nie so min dat die inligting vir jou niks werd is nie. Dit hang van jouself af. Ons hou bv. daagliks boek van kruideniers. As jy wil kan jy seker aan die begin van die maand een transaksie doen en die geld in ‘n botteltjie hou, maar dan moet jy dit nie vir iets anders gebruik nie.
  • As jy ‘n OTM-onttrekking doen, probeer ‘n strokie met die saldo kry. Voer die transaksie in by die bankrekening (Transfer na Kontant). Vergelyk dan jou saldo. Onthou dat tjeks wat miskien nog nie deur die bank is nie, reeds deur Grisbi in berekening gebring is en die saldo kan dus met daardie bedrag verskil. Onthou om debietorders en bankkoste (geskat vir eers) in te voer op die dag wat hulle gewoonlik deurgaan. Jy kan die geskatte bankkoste weer regmaak, bv. wanneer jy ‘n bankstaat kry en dit versoen.

Vir die tegniese gebruiker: Die data word in XML formaat gestoor. Ek het dit reggekry om die data uit die XML leêr te onttrek en dit in ‘n MySQL databasis te sit. Ek kon dan my eie verslag doen met behulp van ‘n bash-script en die resultaat in ‘n spreiblad oopmaak. As enigiemand belang stel, vra my.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: