Posted by: mykopop | Saterdag 30 Junie 2007

Die klokke in die hemel

Die sesjarige Mikayla Rossouw is vandag begrawe. Op die TV-nuus het een van haar onderwysers gesê sy was lief om grappies te maak en te lag, as sy gelag het was die hele klas sommer ook lus om te lag.

Anton Goosen sing in sy liedjie “Moya”, wat ek meen oor sy eie dogter gaan:

“As my Moya lag
lui die klokke in die hemel”

Lees die liriek van Moya

Ongelukkig sal Mikayla se ouers en maatjies haar nie weer hoor lag nie. Maar haar moordenaar sal dalk stilletjies lag in die hof, want hy weet mos in Suid-Afrika kan hy nie die straf kry wat hom toekom nie.


Responses

  1. Dit is so hartseer en dit maak mens bang. Ek was gesê dat ek oorbeskermend is op my kinders omdat ek altyd wou weet waar hulle is en verkies het dat hulle by my of hulle ouma is. Maar my kinders het veilig sonder emosionele of fisiese letsels grootgeword. Ek is dankbaar daarvoor.

  2. Nou dat ek self ook Pa word dink ek baie anders daaroor – ek sê vir my vroulief dat as sy voorheen gedink het ek is ‘n terror op waar sy is n of sy veilig is…


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: