Posted by: mykopop | Vrydag 15 Junie 2007

Wil jy my liedjie sing?

Ek probeer al jare lank om my eie liedjies te skryf, toe ek jonk was het ek eers in Engels probeer, maar daarvan het niks oorgebly nie. Later het ek begin om Afrikaanse gedigte te toonset en bietjie self lirieke te skryf. By toonset bedoel ek ek tokkel op my kitaar en sing die ding tot hy in my geheue vasgelê is, want ek kan nie regtig note lees en skryf nie, ek verstaan wel bietjie musiekteorie.

In die laaste tyd het ek bietjie opgedroog, maar ek glo dis maar net omdat daar geen erkenning is nie, as ek net iemand kan kry wat regtig kan sing om iets wat ek gemaak het te vat en behoorlik ten toon te stel. Wil jy dalk probeer? Stuur e-pos na m y k o p o p (by) gmail punt com, of c h r i s v d w e s t (by) webmail punt co punt za. Ek dink daaraan om dalk bietjie geld te spandeer om ‘n semi-profesionele demo-opname te maak. As jy die regte stem het, kan jy dalk voordeel trek uit die geld wat ek spandeer.


Responses

  1. Haai Chris, ek het probeer e-pos stuur, nie omdat ek kan sing nie, net om te komtaar en te koement ook sommer in die selfde asempie.
    Toe kry ek allerhande boodskappe terug, maar die een wat ek dink jy moet lees sê iets oor jou mail quota wat exceeded is. Dalk kan jy biekie kop of stert hiervan maak? Laat weet dan maar weer waar die regte Chris ook staan, seblief? dan stuur ek jou die koement waarna jy vra.

  2. ek dink deesdae is dit die ding dat elke outjie sy eie liedjies sing mar ek weet okkie juis nie

  3. Hey, ek sal graag van jou liedjies wil sien, ek kan sing, en het goeie vriende wat dit dan toon set

    Groete

    Dalene


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: