Posted by: mykopop | Sunday 26 February 2012

Rivier o rivier

… jy’s die diepste woord wat ek ken.   Aldus Gert Vlok Nel.

Ons het weer die naweek daar langs die Vaalrivier uitgespan, niks eintlik gedoen nie, meestal net gelees, gebraai en vir die rivier en die voëls gesit en kyk.   N.a.v. twee van my vorige inskrywings, Eiland Omver en Ek En My Eiland wil ek darem net met ‘n foto of twee wys hoe dit met die eiland gaan.

Dit het nie veel verander in die afgelope jaar nie.   Die eiland self is nou middeldeur, ek het gesien dat mense met kajakke daardeur roei.  Gelukkig was daar niks van die plastieksakke oor wat Nikita voorgestel het ek self moet gaan optel nie!

Die boomstomp van bietjie nader gesien.   Dit lyk nie asof hout so vinnig in water verrot as wat mens sou verwag nie.  Lyk my die boom gaan nog vir jare daar lê.


Die landingsplek van klip en sement regoor die eiland “feature” in ‘n skildery wat ek gemaak het, met wit ganse wat daarteen opklim.  Die voorste muur is losgekraak en lyk of dit enige oomblik vooroor kan val.  Die vloer het reeds begin inval.  Miskien sal die boomstomp nog langer hou as die klipmuur.   Die ganse is nou skoonveld.  En ai, die naweek is alweer verby!

About these ads

Responses

  1. Dis darem ‘n mooi liedjie van GVN…een van my gunstelinge!

  2. Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal soos die tyd dit toelaat by almal probeer uitkom.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorië

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 40 other followers

%d bloggers like this: