Ek het gou in etenstyd weggeglip Hyperama toe. Die hoofrede was om kaartjies te kry vir Coenie de Villiers en Amanda Strydom se vertoning, so middel November in die Atterbury-teater. Die dametjie agter die toonbank het gesukkel om te verstaan as ek sê soek vir Coenie. Tot ek agtergekom het hoe sy dit probeer spel! Nou het ek amptelik quartjies vir Qunie!
Die ander rede vir my uittog was gemaalde koffie, vir my filtermasjien in my kantoor en vir die keteltjie by die huis. Terwyl ek staan en koffie uitsoek was daar ‘n ongewone paar in dieselfde gangetjie. As daar nou nog rasseklassifikasie was sou ek sê hy was blank en sy kleurling. Maar gelukkig is daar darem mos nie, of hoe, volgens wet 114 van 1991?
Nietemin, albei is middeljarig of ouer, hy kom agteraan met die trollie, sy loop voor, soek en gee orders. Te oordeel aan die inhoud van die trollie dink ek hulle bedryf ‘n klein winkeltjie iewers waarvoor hulle voorraad aan’t koop was. Daar is mos nie regtig groothandel-kruidenierswinkels nie, vir plekke soos Makro en Trade Centre wat sê ons kan nog die die ou kaart gebruik want hulle is nog “Trading as Trade Centre” het ons mos almal kaarte, maar die pryse is net soos in die hipermarkte.
Hy het begin pakke Cremora inlaai en vir haar gevra hoeveel. “Twintig”, antwoord sy. “Twenty?”, vra hy. “Ja twintig”, bevestig sy, “ek loop solank om te gaan kyk na…”
Sjoe. Twintig pakke Cremora! Dis nou wat ek noem koffiekapitaal!

Hulle het dit seker vir hulle kuka/cuca/cuka/quqa/koeka-winkel aangeskaf.
By: Annemari Coetser on Tuesday 25 Oktober 2011
at 14:52
Dankie Annemari, daar leer jy my nou weer ‘n woord by!
By: mykopop on Woensdag 26 Oktober 2011
at 11:00
By: Son on Woensdag 26 Oktober 2011
at 16:02
Dankie Son, soos iemand nou die dag sê, hy was so in sy skik met homself soos ‘n Foksterriër met twee sterte, so in my skik voel ek oor Coenie en Amanda in een konsert, albei my eerste keer!
By: mykopop on Woensdag 26 Oktober 2011
at 19:04
Jy moet dit geniet. Ek’s nie ‘n bietjie jaloers nie!
By: boerinballingskap on Thursday 27 Oktober 2011
at 12:41