Ja, dis het omtrent al ‘n sêding in die Afrikaanse volksmond geraak, meestal as ‘n retoriese vraag teenoor ‘n padverk. Maar Saterdag was die antwoord: Ja, dit is Kyalami hierdie! Ek is ‘n groot Formule 1-aanhanger maar stel nou nie juis soveel belang in ander Formule-renne en produksiemoter-renne nie. Toe ek egter so gelukkig was om deur ‘n groot firma vir die dag na hulle boma uitgenooi te word vir die Pro Tour het ek nie nee gesê nie – veral gedagtig aan ‘n metgesel wat amper ‘n voortand sou gee vir so ‘n dag.
Hier is ‘n paar van die foto’s

Die deel van die baan wat reg voor ons was. Die baan loop agter die boma verby, gaan dan regs op tot bo op die bult waar ‘n ‘hairpin’-draai is, kom links af teen die bult, draai links en dan deur ‘n skerp regsdraai reg voor ons in. Die karre het van daar voor ons verby geflits na die kant van die kuipe links van ons.
Terwyl ons hier gesit het, het ek gedink aan ‘n ou Afrikaanse fliek waarin ek dink Anneline Kriel vir iemand gesê het haar baas (Hans Strydom?) jaag met ‘n kar al om die baan by Kyalami. Kan iemand my sê watter fliek dit was?

Soos hierdie Porsche 911 SC het ek ook maar bietjie soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartieboks gevoel tussen al die ryk mense.

Porsche 911 RSR

‘n Deel van die wegspringblokke. Die driekleurige kar is die Van Diemen Formula Ford van Nicholas van Weely.

“…bewyse, van die feit dat ek ook daar was, ‘n prentjie kommentaar wat my beaam”

Daar was ook ‘n paar motorfietsrenne. Hulle is so vinnig dat mens hulle nie behoorlik kan afneem nie, ek moes ‘n skoot uit ‘n video vat. Gelukkig het nie een van die manne voor ons met moeder aarde kennis gemaak nie.

Die “driver’s parade”

Die grootste klomp van die Shelby Can Am’s kom om die draai. Hulle gee mens seker die beste gevoel van “Formule Een”.

Hierdie was my kar vir die dag – ‘n Lotus Elise

Tharina se Lotus Elise. In die laat namiddag wat half bewolk was het hy vuur gespoeg as hy om die draai kom, jammer, dit was moeilik genoeg om hom in ‘n foto vas te vang, wat te sê nog die vuurtong.

Een van die Shelby Can Am’s van naderby gesien.

Tharina sê dit was dalk die beste dag van haar lewe!

Die twee kolganse was makliker om met die kamera te volg as party van die karre.

Die Mygale Formula Ford van James Temple het gewoonlik voorgeloop in die kategorie.

Allen Meyer het nie veel hond haaraf gemaak met sy Mygale Formula Ford nie, maar sy kar is darem die regte kleur!

Op pad huis toe moes ek eers gou uitklim in ‘n Jakkalsreëntjie. Die pot goud het ek nie gekry nie, net hierdie een. (Die ander een wat ek het met ‘n ontwikkelaar se bord moet ek dalk aan hulle probeer verkoop – julle sal dus nooit weer die reënboog in hierdie stukkie veld sien staan nie.)

Lekker, man! Daardie foto van die kolganse is regtig uitsonderlik geneem! As die agtergrond nou ook die natuur was, was dit onverbeterlik!
NS: Wanneer is SA nou weer ‘n slag op die F1-kalender?
By: boerinballingskap on Tuesday 17 November 2009
at 14:38
Dankie Boer, ek moet bieg daardie foto van die kolganse is baie ge-’crop’ – dit was dus glad nie so ‘n groot kuns om hulle raak te skiet nie!
By: mykopop on Tuesday 17 November 2009
at 21:27
oi, jeuk ek nou om ook so ‘n smartieboks Porsche 911 SC te kan ry!
By: annelie on Friday 20 November 2009
at 7:40
Ai, hoe lekker lyk dit! Jy maak my jaloers!
By: Nikita on Woensdag 25 November 2009
at 21:19
Jou hoofopskrif was: “Dink jy dis Kyalami díé?”
Ayrton Senna was eenkeer in Brittanje op die pad gestop vir te vinnig bestuur. Die konstabel se eerste woorde was: “Who do you think you are, Nigel Mansell?”
En A.J. Foyt, 4malige Indianapolis 500-wenner, was eenkeer in Amerika gestop vir te vinnig bestuur. Die konstabel se eerste woorde was: “Who do you think you are, A.J. Foyt?”
By: Retha on Maandag 30 November 2009
at 20:12
Retha dankie, ek het hierdie kommentaar van jou nou so geniet!
By: mykopop on Maandag 30 November 2009
at 21:27
Nigel Mansell het ook daardie storie geniet.
By: Retha on Tuesday 1 December 2009
at 13:38
[...] My eerste Kyalami ondervinding [...]
By: 2010 se Suikerkan « My Kop Op 'n Blok! on Friday 1 Januarie 2010
at 7:12