Dankie Julle! Dis natuurlik nie Pretoria nie, dis Johannesburg, naby Honeydew. Daar is nogal heelwat mooi Jakarandabome in Johannesburg se voorstede ook. En teen die tyd dink ek is hulle al inheems genoeg!
Jammer dat al wat ek gehad het my selfoon was, van tydsberekening was daar ook nie sprake nie, ek loop nooit eintlik daar nie en het toevallig die blommetjies op die paadjie uit my kar gesien en toe daar omgeloop om die foto te neem.
hi Kop, ek het gaan loer na daardie link en die link na my WP blog gevolg en toe gesien daar’s ‘n youtube video wat vanuit ‘n dubbeldekkerbus geneem is en dis net Jakarandas waar jy kyk. Dit het my nogal laat terugverlang, want ‘n deel van daardie pad het ek elke oggend skooltoe gery! – Voortrekkerstraat – tot waar die bus regs draai by ‘n verkeerslig naby HF Hospitaal.
Dit bly darem maar ‘n mooi tyd van die jaar in Pta! Ek is daar weg met die laaste Jakarandas in blom…
By: kaalvoetinireen on Tuesday 3 November 2009
at 12:38
Verseker die mooiste tyd in PTA! En so het elke plek sy eie bekoring.
By: boerinballingskap on Tuesday 3 November 2009
at 14:28
Pragtig, ja. Jammer dat dit eintlik ‘n uitheemse boom is, ne?
By: Vlam on Tuesday 3 November 2009
at 14:59
Pragtige foto (en goeie tydsberekening vir die neem daarvan!)
By: Sonkind on Tuesday 3 November 2009
at 21:12
Dankie Julle! Dis natuurlik nie Pretoria nie, dis Johannesburg, naby Honeydew. Daar is nogal heelwat mooi Jakarandabome in Johannesburg se voorstede ook. En teen die tyd dink ek is hulle al inheems genoeg!
Jammer dat al wat ek gehad het my selfoon was, van tydsberekening was daar ook nie sprake nie, ek loop nooit eintlik daar nie en het toevallig die blommetjies op die paadjie uit my kar gesien en toe daar omgeloop om die foto te neem.
By: mykopop on Tuesday 3 November 2009
at 21:45
Baie mooi! Waar’s die Jakaranda-liedjie!
By: Nikita on Woensdag 4 November 2009
at 2:02
Haai Nikita, ja, uitgevang! Ek het vergeet om iets van ‘n liedjie by te sit. Maar ek het bietjie gesoek en sien Jo-Ann het al ‘n lysie gemaak van Jakaranda-liedjies – http://joanns.wordpress.com/2009/01/09/frangipani-maande/
En jyself het geskryf, nog op Blogspot by http://chessaleeinlondon.blogspot.com/2007/10/jacaranda-cityjakaranda-stad.html – en ek het kommentaar gelewer! Dit was Oktober 2007, waar gaan die tyd heen?
By: mykopop on Thursday 5 November 2009
at 20:03
Dis regtig ‘n baie mooi foto.
By: marietjievdwest on Thursday 5 November 2009
at 21:28
hi Kop, ek het gaan loer na daardie link en die link na my WP blog gevolg en toe gesien daar’s ‘n youtube video wat vanuit ‘n dubbeldekkerbus geneem is en dis net Jakarandas waar jy kyk. Dit het my nogal laat terugverlang, want ‘n deel van daardie pad het ek elke oggend skooltoe gery! – Voortrekkerstraat – tot waar die bus regs draai by ‘n verkeerslig naby HF Hospitaal.
By: Nikita on Thursday 5 November 2009
at 21:41
Pragtige foto!!
By: Liezl on Friday 6 November 2009
at 22:46
mooiste mooi! (ai, ek wil ook so ‘n paadjie hê om soms op te kan loop!)
By: annelie on Saturday 7 November 2009
at 21:29