Vanaand is ons nou almal hier
elke een van ons vier
daar was vir ons geen laaste skuiwergat
ons, lankal siek en sat
nou skaakmat
twaalf jaar is so iewers tussen
een vyfde of een sesde
van ons gegewe sewentig tagtig jaar
eintlik is dit ‘n winskoop
selfs vier maal ‘n vyfde is maar tagtig persent
steeds veel minder nog as een volle lewe
maar twaalf jaar
sonder sterre
sonder maan
sonder son
‘n volle twaalf jaar
sonder liefde
sonder lewe
sonder lag
nou die metamorfose
nou die twaalf jaar van wag
soos ‘n papie in sy kokon
nou die eindelose tyd van wag
soos ‘n drenkeling
op sy sluwe eiland van eensaamheid
dan weer, die stap in die straat af
nog steeds alleen
nou bly een vraag vir my finaal
sal ek soos Herman Charles
iets blywends hieruit haal?
12 Augustus 2008 Beeld Berig
© 2008 Chris van der Westhuizen
Erkenning vir die titel aan Herman Charles Bosman (Cold Stone Jug)
Lees ook Saterdagaand Tuis, die stukkie onder die opskrif ‘n Verlore geleentheid.

Sjoe! … dit is regtig mooi geskryf.
By: Paula on Friday 15 Augustus 2008
at 10:41
Mooi…
By: boerinballingskap on Maandag 18 Augustus 2008
at 15:31
Mooi … dit is regtig ‘n mooi inskrywing ..
By: meermin on Tuesday 19 Augustus 2008
at 7:13
Baie mooi geskryf!
By: reisiger on Woensdag 20 Augustus 2008
at 7:55
Dis mooi geskryf!
By: netjane on Woensdag 20 Augustus 2008
at 8:19
Bitter bitter mooi.
By: Sonkind on Friday 22 Augustus 2008
at 23:14
Ja, hopelik sal dit iets blywends wees.
Daardie boek van A.G. Visser, wat ‘n fonds!
By: Eilandkind on Sunday 24 Augustus 2008
at 20:45