
Die hortjies voor jou venster
is amper heel toe,
al die ander s’n is oop
hulle is buite in die straat
sit by die kafees
hulle eet en drink en praat
net joune is amper toe
dis skemer in jou kamer
jy lê op jou maag
met jou kop op jou arms
net jy weet hoekom


Wow dit is baie, baie mooi!!! Die foto’s pas ook perfek daarby!
By: Wipneus! on Sunday 6 Julie 2008
at 13:05
Mooi foto’s….en speel met woorde
By: Nikita on Sunday 6 Julie 2008
at 21:54
Goeie waarneming Kop! Ek’s mal oor jou foto’s!!
By: reisiger on Maandag 7 Julie 2008
at 7:50
moimoi
x
By: ansophie van wyk on Maandag 7 Julie 2008
at 7:57
Pragtig!
By: Paula on Maandag 7 Julie 2008
at 13:25
[...] en gaan snuffel bietjie by die ander vriende rond. Behalwe vir ‘n ouder-gewoonte-uitstekende gedig deur mykopop val dit my toe op dat daar die afgelope weke nogal heelparty inskrywings gemaak is [...]
By: Op soek na die Perfekte Veltie I* « duskant sutherland on Friday 11 Julie 2008
at 15:25
Dis vreeslik mooi en gevoelvol!
By: Sonkind on Tuesday 15 Julie 2008
at 20:04
ek moes nou eers weer hierdie foto kom kyk vannie hortjies op antibe waar jy so eensaam gevoel het.
ansophie
By: nokkie on Woensdag 3 September 2008
at 11:19