
So ‘n maand en ‘n bietjie gelede het ons Karin se kunsuitstalling “Solo” gaan bekyk en ek het julle so ‘n ietsie daarvan vertel. Ek het ook belowe ek sal julle iets oor die boek vertel wanneer ek dit gelees het.
Die maklikste uitweg sal wees om ‘n stukkie uit Karin se voorwoord te steel:
Die woord- en beeldbundel
Die woord-en beeldbundel
is bloot net
‘n versameling van ván my
woorde sonder wysies
en
van ván my tekeninge,
monodrukke, pleodrukke
etse en skilderye.
Op ‘n manier
is dit ‘n seleksie
van liedjietekste
wat nooit grootgeword het nie!
Kaalvoet woorde wat nie
wóú liedjies word nie.
ens. Alhoewel ek vir Karin gedreig het dat ek hulle sal toonset, sien ek nou beter wat sy bedoel het.
Daar is ‘n 40-tal gediggies of wat ook al in die boek. Dit begin so:
die soen
kom
druk jou mond teen myne
dat ek
die sagtheid van jou lippe
…
En dan eindig dit met
kaalvoet
……
Elke dag ‘n lyflike herinnering
van hoe vinnig
die tyd
uitloop.
Heelwat van die gedigte gaan oor die liefde, so as jy liefdesgedigte soek is dit dalk jou boek. Daar is ook van hulle – ek dink bv. aan ’so vat ek dit’ – wat sommer net oor die lewe gaan, waar Karin sommer net van haarself gee. Mens lees eintlik vinnig daardeur, maar dit is op plekke bietjie dieper en mens lees dit meer as een keer.
Daar is so 21 kunswerke ook in die boek. Ek sien intussen Xanika het ook oor die uitstalling geskryf, en sy was so gelukkig om daar ‘n draai te maak toe Steve Hofmeyr ook saam me Karin daar was. Karin het tydens ons geselsie gepraat van haar samewerking met Steve, ek kan nie mooi onthou wat sy gesê het nie, iets oos dat hy of sy liedjies so físies is.
Ek het intussen die boek vir R230 in ‘n boekwinkel gesien teenoor die R250 wat ons by die uitstalling betaal het. Dit klink miskien bietjie duur vir ‘n digbundel, maar mens moet onthou dat dit ook ‘n kunsboek is met duur drukwerk – die voetjies op die voorblad is bv. in reliëf gedruk. En hoe plaas mens nou ‘n prys op tydlose kuns?
Maak gerus weer ‘n draai by Karin se webwerf, daar is nou meer as laas keer – kliek bv. op blog en kuns.


Dis veral die feit dat Karin niks daarvan dink om kaalvoet te wees nie, wat maak dat ek van haar hou. En nou het jy my nuuskierig gemaak oor haar boek ook. Sal moet kyk of ek Liefie se arm kan draai dat hy dit vir my koop. Is daar nie binnekort weer een of ander dag waar mans vir hul vrouens iets moet koop nie, want my verjaarsdag is nog te ver?
By: sonkind on Saturday 5 April 2008
at 22:50
hi Kop… oulike inskrywing! Wonder of jy die probleem het wat ek het…sien my bloginskrywing..”blogmove”…sal hulp waardeer… ;(
By: Nikita on Sunday 6 April 2008
at 13:43
ons kaalvoet meisiekind, sy sing pragtig, sy is ‘n baie mooi mensie!
By: meermin on Maandag 7 April 2008
at 12:53
Hi Chris
Dis pragtig. Dankie, mens weet nie van al die wonderlike kleiner gebeure innie Afrikaanse kunswêreld nie.
Nee wat , digbundels kan maar ‘n prys op kry, ek weet verseker dis ‘n duur storie om dit te laat druk en so an. Ek klink ‘n glasie op enige publikasie! Senté!!
Groete et Bon Soir*
Annie
By: annora on Maandag 7 April 2008
at 21:53
Hou maar verby met Karin Hougaard se musiek! Hopelik is haar kuns beter, maar sorry, sy kan nie sing nie.
Chris, jy doen altyd soveel moeite met jou inskrywings – thanx man!
By: Skoor on Tuesday 8 April 2008
at 12:21
Hallo Skoor, nee wat jong, sy het maar net haar eie unieke manier van sing, vir my gaan dit in elk geval meer oor die skep van eie liedjies as oor die sing self. Gaan luister bietjie na haar Kruietuin, vat van daai inspirasie en gaan Kook Oor!
By: mykopop on Tuesday 8 April 2008
at 13:44
Stuut daai reseppies wat jou te binne geskiet het na jy haar CD geluister het, ek plaas dit graag!
By: skoor on Tuesday 8 April 2008
at 16:10
Moenie op ‘n foon praat en comment nie, ’stuur’ raak dan ’stuut’…
By: skoor on Tuesday 8 April 2008
at 16:11
ek het haar nog nooit hoor sing nie maar sal so graag wil
ek dink ook ek hou van die liedjies
maar oe mel botes se stem!!
het net een lied van hom OOIT gehoor ‘Hemelse vlug’ uit Visa DEKAT se CD
‘DIE GOETERS WAT ONS WEGGEE’
ek weet nie eers hoe hy lyk nie
hm
By: annora on Woensdag 9 April 2008
at 14:59
ek voel jou
ek het in my lewe nog nooit so iets moois gehoor nie
dankie chris vir die voorsmakie, ek sal Karin se musiek heelbo an my wishlist sit, sy’s ‘n geskenk van God
x
.
By: annora on Friday 11 April 2008
at 13:42
Wowie haar gedigte is mooi. Sy klink vir my na ‘n interessante mens ook.
By: rosalindfranklin on Sunday 13 April 2008
at 21:40