Posted by: mykopop | Sondag 25 November 2007

Kersfees 2007 Kom (3)

soos die jare kom en gaan
sedert daardie dag
soek die mensdom steeds na lig
nog nooit was dit so nag
volke veg teen volke
een broer teen ‘n ander
wit teen swart en swart teen wit
dit het nog nooit verander
en soveel mense wêreldwyd
leef steeds in hongersnood
en atoombomme vigs en aborsie
maak miljoene mense dood
en die dwaasheid van die mensheid
word die wysheid van die uur
en strome vuil besoedeling
vernietig die natuur
maar te midde van al hierdie chaos
wat ons glad nie meer kan keer
weet my hart verseker
hierdie Kind kom weer
O ek weet, ek weet dit gewis
dat Hierdie Kind, die Redder is

Kyk asb. ook na “A Summers Christmas” en stuur dit vir ‘n vriend wat Engels verstaan maar nie Afrikaans nie.

n Maand gelede het ek geskryf: “soos dit nou lyk dreig daar ‘n ding wat kan maak dat ek nie op 25 November tuis is nie”. Die ding wat gedreig het was ‘n oorsese reis van amper twee weke. My bestuurder wou graag dat ons na nuwe toerusting gaan kyk by ‘n paar verskaffers, dit sou drie plekke in Frankryk en nog drie ander lande insluit. Ek is maar bly dat dit nie gerealiseer het nie, want dit sou eintlik maar bestaan uit vergaderings heel dag en ‘n gejaag om by die volgende plek uit te kom. Dit terwyl daar soveel is wat ek voor ons met verlof gaan nog by die huis wil afhandel. Dus is ek bly dat ek weer op die 25ste hier is en weer ‘n paar van my Kersfees-CD’s kan wys.

Ek weet nie meer mooi hoekom ek hierdie reeks “Kersfees 2007 Kom” genoem het nie, of ek spesifiek onthou het dat die woorde herhaal word in Koos du Plessis se liedjie Somerkersfees nie. Ek het werklik eers laas Sondag in die kerk die idee gekry om dit in Engels te probeer vertaal, toe dit my gelyk het die “pastor” wat die diens saam met ons dominee gelei het, kou half swaar aan die Afrikaanse woorde. Ek wonder dikwels hoeveel werk ons aan ‘n ding in ons onderbewussyn. Ek sal so dankbaar wees as die liedjie elders in die wêreld ook gesing word.

CD #1:

christmascdcard-front.jpgDie eerste CD vir vandag was eintlik ‘n Kerskaartjie met ‘n CD in – dit was nog in die dae toe CD’s relatief baie duur was en dus ‘n goedkoper manier om nog ‘n CD in die hande te kry. Ek het dit toe gekoop en nie vir iemand gestuur nie, maar die prentjies uitgeknip en op karton geplak om in ‘n CD houertjie te sit. Haai, die lys van snitte is nog met ‘n dotmatrik-drukker uitgedruk! Die titel is “Christmas Carols, sung by The Wesminster Catherdral Choir”. Hier is die snitte op die CD:

Daar is ‘n klompie standaard “Carols”, maar ook ‘n paar ongewones. Op die rekenaaruitdruk in die omslag het ek ‘n trompet by snitte 5, 7 en 10 geteken, omdat ek so lief is vir trompetmusiek en daar bietjie trompet daarin voorkom. Ek onthou dit kom besonder mooi uit in Good King Wenceslas, wat vir my een van die ongewone snitte is. Een van die mooiste snitte op die CD, vir my, is Infant so Gentle – dit het so ‘n stadige stappende ritme, met stemme soos Engelstemme wat die melodie dra.

CD #2:

medievalchristmas-front.jpgDie volgende CD kan mens miskien beskryf as “musiek vir die navorser”, dit is Medieval Christmas van Pro Cantione & Medieval Wind Ensemble. Die CD het goed gelyk en ek het dit gekoop sonder dat ek na uittreksels geluister het. Indien ek eers geluister het, so ek dit miskien nie gekoop het nie. Ek is tog bly dat ek dit het, dit verleen so ‘n bietjie kleur aan my Kersversameling. Ek het nou so vinnig hier en daar geluister – daar is tog snitte wat mooi is ook.

CD #3:

favouritechristmas-front.jpgFAVOURITE CHRISTMAS Hallé Orchestra and Choir. Hierdie CD van EMI Classics for Pleasure is een van die bestes in my versameling. [ CDEMCJ (WB) 5567 (7675852) ] Al die musiek word deur ‘n klassieke orkes gespeel, of die orkes begelei soliste en ‘n koor. Dit is egter nie swaar klassieke musiek nie. Bach se Jesu Joy Of Man’s Desiring word vir ‘n slag gesing, nie net instrumentaal uitgevoer nie. Handel se “Let The Bright Seraphim” is ‘n opwindende stuk musiek van amper 9 minute lank. Ek dink ek moet uitkyk vir ‘n volledige opname van die kantate Samson waaruit dit kom. As jy ‘n redelike standaard weergawe van Adophe Adam se Cantique de Noël (Oh Holy Night) soek, dis hierop. Dit word in die oorspronklike Frans gesing deur die bariton Brian Rayner Cook. In Deel 2 het ek gesê “Diamond gee Adolphe Adam se melodie so ‘n ander kinkel op die tweede noot – of moet ek sê hy’t die kinkel uitgehaal?” Op hierdie opname word die teenoorgestelde met die tweede noot gedoen, ek glo volgens Adam se oorpronklike musiek. Daar is ook ‘n paar opnames net vir orkes: Humperdinck se Hansel and Gretel Overture, Anderson se Sleigh Ride en Tchaikovsky se Waltz of the snow flake. Ek weet nie of iet soos eersgenoemde werklik iets met Kersfees te doen het nie, maar dis ‘n lekker speelse stukkie klassieke musiek.

CD #4:

diskersfees-voorblad.jpgDIS KERSFEES! White Christmas & Other Favourites. Sonja Herhold en ‘n paar minder bekende kunstenaars: Kupido & Cleo, Mike & Eileen, Jurie Els (darem nie so onbekend nie), en Sonja se seun Simeon. Ek het maar ‘n paar Afrikaanse Kersfees-CD’s – ek het hierdie een gekies omdat dit so ‘n lekker vrolike klank het. Dit het in 1995 al verskyn. Ek weet nie of dit nog beskikbaar is nie.

Volgens die omslag is die lied Hierdie Kind geskryf deur S.W. Brown en Jan de Wet. Ek ken Jan de Wet se mooi opname, maar het dit ongelukkig nie in my versameling nie. Ek wil graag uitvind wat S.W. Brown se rol was, was die lied bv. in ‘n ander taal en het Jan de Wet dit vertaal?*  Die woorde wat ek heel bo-aan aangehaal het, kom uit hierde treffende lied.

CD #5:

kersfeestuis-voorblad.jpgKersfees Tuis. Ek kan dit amper nie glo nie, maar die omslag sê die CD het ook al in 2004 verskyn – toe ek die CD uithaal dog ek, seker laasjaar. Met kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Dozi, Nianel, Mathys Roets, Laurika Rauch, Anke ens. behoort hierdie CD in ‘n wye smaak te val. Ek het nou net so vinnig na ‘n paar snitte geluister, dis van hoogstaande gehalte. Die CD behoort nog op die winkelrakke te wees en ‘n goeie manier om jou Kersversameling uit te brei of te begin.

Lys van snitte op die CD’s:

The Christmas CD Cardchristmascdcard-back.jpg
01 Angels We Have Heard On High
02 Away In A Manger
03 Ding Dong Merrily On High
04 The First Noel
05 Good King Wenceslas
06 The Holly And The Ivy
07 O Come All Ye Faithful
08 Boars Head Carol
09 Come To The Manger
10 Hob & Colin
11 Infant So Gentle
12 Personant Hodie
13 While Shepherds Watched

Medieval Christmas
Ek gaan die die volledige lys van 27 snitte hier gee nie. Net om die ou Engels te wys, die laaste paar is: Ther ys no rose; Nowel, synge we both al and som; Nowel, owt of your slepe; Hayl Mary; Synge we to thys mery cumpane.

FAVOURITE CHRISTMAS
1. O COME ALL YE FAITHFUL
2. WE WISH YOUA MERRY CHRISTMAS
3. BACH: JESU, JOY OF MAN’S DESIRING
4. HANDEL: LET THE BRIGHT SERAPHIM and CHORUS from “SAMSON”
5.BROADHURST: COWBOY CAROL
6. ADAM: CANTIQUE DE NOËL
7. HUMPERDINCK: HANSEL AND GRETEL OVERTURE
8. BERLIOZ: THE SHEPHERDS’ FAREWELL from “THE CHILDHOOD OF CHRIST”
9. SUO GAN
10. VAUGHAN WILLIAMS: FANTASIA ON CHRISTMAS CAROLS
11. CORNELIUS: THE THREE KINGS
12. ANDERSON: SLEIGH RIDE
13. TCHAIKOVSKY: WALTZ OF THE SNOWFLAKES from “THE NUTCRACKER”

Dis Kersfees!
01 Bethlehemster
02 Hierdie Kind
03 Dis Kersfees, Lui die Klokke
04 Keurspel (Kom kinders, Kom Herwaarts Getroues, Hierdie Heilige Nag, Hoor Die Blye Engele Sing, Al was ek nie daar nie, In Die Stad Van Koning Dawid)
05 Stille Nag
06 Mary’s Boy Child
07 Jingle Bells
08 Die Lewende Water
09 Hoe Groot is U – How Great Thou Art
10 Feliz Navidad
11 Die Heiland is Gebore
12 Amazing Grace
13 Bethlehemster o Wonderlig
14 White Christmas
15 Blye Versekering

* Ek het vastestel S.W. Brown staan vir Scott Wesley Brown en die liedjie se naam in Engels is “This Little Child”. Kry die lirieke hier.  Daar is opnames op YouTube beskikbaar, maar nie van Brown self nie, en nie baie goeie opnames nie.

Kersfees Tuis
1. Steve Hofmeyr – Stille Nag
2. Dozi – Mary’s Boy Child
3. Eden – When a Child Is Born
4. Nianell – O Holy Night
5. Mathys Roets – Little Drummer Boy
6. Laurika Rauch – Somer Kersfees
7. Anke – Joy To The World
8. Kurt Darren – A Winters Tale
9. Juanita du Plessis – Die Heiland Is Gebore
10. Kevin Leo – Come All Ye Faithfull
11. Ronél Erasmus – First Noel
12. Heinz – White Christmas
13. Riana Nel – Hark The Herald Angels Sing
14. Patricia Lewis – Away In A Manger
15. Dana Winner – Stille Nag (in Flaams)
16. Pieter Smith – Die Goeie Oue Tyd


Responses

  1. Sorrie Kop, die message het nou niks met krismis te doen nie, maar jy’t ‘n boodskap. Op my blog…

  2. [...] het ge-Betlehemster en Feliz ge-navidad net so mooi soos op die CD Sondagaand en toe het sy met Anton kaia opgeslaan in die sterre van [...]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorië

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 45 other followers

%d bloggers like this: