
Ons wen van die rugbywêreldbeker is nou al goed gedek deur die bloggers, almal se bloed is groen! Ek het nou weer ietsie anders raakgesien wat my gefassineer het – miskien is my bloed net … goud! Miskien omdat ek hier iets gesien het wat vir my lyk na iets uit ‘n tyd wat nie meer bestaan nie – miskien ‘n kuns wat besig is om verlore te gaan.
Nodeloos om te sê: om te sien hoe ons land se naam tenoor 2007 gegrafeer word was vir my ‘n groot oomblik – net so groot soos elkeen van die strafskoppe wat Percy Montgomery en Francois Steyn oorgesit het, net so groot as Brian Habana se oorduikdrie teen Argentinië.




Gefeliciteerd met de zege van het Zuid-Afrikaanse rugbyteam!
Rugby kan mij niet boeien net zomin als voetbal! Maar ik kon er niet naast kijken want de laatste weken moesten veel programma’s op de BBC wijken voor de rugby…
By: Annemie on Maandag 22 Oktober 2007
at 13:53
[...] Heeltemal anders as met die vorige wêreldbeker in 2007, ook die jaar wat ek hierdie blog begin het, toe ek die Springbokke wedstryd vir wedstryd gevolg het tot die einde. Toe die groot oomblik aanbreek en die beker ons s’n was, het ek iets spesiaals raakgesien en gelukkig was ek op daardie oomblik besig om ‘n video van die wedstryd op te neem. Uit daardie video het ek ‘n paar foto’s gesny wat wys hoe die Web Ellis-beker deur ‘n vakman met die hand gegraveer word, en ‘n spesiale blog-inskrywing daarvan gemaak – “Suid-Afrika” gegraveer in rugbygeskiedenis. [...]
By: Webb Ellis mis ‘n tikkie romantiek « My Kop Op 'n Blok! on Maandag 24 Oktober 2011
at 9:07